Menu terloops
In Sepies [14 Nov 2022]

Sepies: Drama tussen susters op ‘Diepe Waters’


Woede en ongemak word orals in Sepieland gesaai, maar wie gaan dié week sink en wie gaan swem? Hierdie is die sepies met die lekkerste, skokkendste (en soms belaglikste) storielyne hierdie week.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepies: Drama tussen susters op ‘Diepe Waters’

Sepies op ons radar die week is Binnelanders, Suidooster en Diepe Waters.

Diepe Waters

Sanet (Nadia Valvekens) het verlede week al haar varkies verloor! Sy het haar ma so sleggesê, dat die see haar nie kan afwas nie. As dit ek was, sou ek vir Sanet ’n paar warm klappe gegee het. Dié dronklap het nou heeltemal die kluts kwytgeraak.   Geen wonder arme Lydia (Rike Sennet) het inmekaar gesak nie. My hart sou ook letterlik uit skaamte gebreek het as my kind, vir wie ek my alles gee, my so lelik moes indoen. Daar is dinge wat soms in oomblikke van woede gesê word en dan is daar mense wat goed sê omdat hulle weet hoe seer dit jou gaan maak. In hierdie geval, het Sanet presies geweet wat sy sê toe sy haar ma vir haar pa se alkoholisme blameer het. Nee, kyk, ’n ma se liefde is darem iets anders. As dit enigiemand anders was, sou daardie verhouding net daar geëindig het. Iets dramaties moes met haar gebeur het om haar hart so swart en gevoelloos te maak.

Dalk is dit net jaloesie en gekonkelry wat haar hart so bitter maak. Nadat sy so met haar ma geskel het, is ek seker Anja (Reandi Grey) is ook lelik ingedoen. Dit is seker hoekom sussie die pad gevat het en nou ná 20 jaar eers terugkom. Die poppe gaan die week dans, want ek dink nie Sanet weet of sy kom of gaan nie. Sanet se gesigsuitdrukking was priceless toe Anja Vrydag by die deur instap. Ek kan nie wag om Rossouw (Altus Theart) se reaksie te sien nie. Hoe raak jy smoorverlief op een suster, maar dan trou jy met die ander? Iets groot het hier gebeur en ek wag in spanning vir al die sappige details.

Kyk Diepe Waters op Catch Up en DStv Online.

Suidooster

Ek dink Siya (Gantane Kusch) se woede het verlede week kookpunt bereik. My gut sê steeds vir my dat Junaid (Hein Poole) die reeksmoordenaar is, maar Siya se gedrag laat my twyfel. Ek sou ook woedend wees as mense my verkeerdelik van moord beskuldig het, maar, om eerlik te wees, Siya sukkel al lankal met anger management… En dit raak net erger. Ek weet ons wil nie glo dat Siya sulke gruwelike dade gepleeg het nie, maar Stanley Tucci se karakter Grieff, ’n kriminoloog wat sy vroue vermoor het, het dit so mooi in die nuwe Netflix-treffer Inside Man verduidelik toe hy sê: “Almal is ’n moordenaar. Jy het net ’n goeie rede en ’n slegte dag nodig.” En hierdie kombinasie het Siya deesdae in oorvloed! As hy nie vinnig ’n grip kry nie, kan hy homself maar toesluit en die sleutel weggooi.

Ten minste is dit nie alles doom en gloom nie. Elana (Esther van Waltsleben) en haar ma het uiteindelik vrede gemaak. Dit was so hittete of Elana het die tannie heeltemal verloor met haar verduideliking dat Susan (Natasha van der Merwe) nie gay of straight is nie, maar dat sy fluid is. Hierdie onderwerpe is belangrik en daar is so baie wat dit nie verstaan nie, so ek geniet dit om te sien hoe skrywers hierdie storielyne inwerk.

Kyk Suidooster op DStv Online.

Binnelanders

Awkward! Dit is die hoof tema in Binnelanders op die oomblik. Van Annetjie (Lorraine Burger) en Steve (Clint Brink) se mislukte aanlynverhouding tot Gaby (Maude Sandham) wat Rian (Erik Holm) se proewe gesink het. Nou het Zee (Mila Guy) ook die ongemaklike gang ge-join nadat sy vir arme Naomi in haar eie huis beledig het, met ’n boodskap na die verkeerde Whatsapp-groep… Dít het al baie met my gebeur, maar ten minste het ek nie in daardie persoon se huis gewoon nie.

Zee kan maar lekker vir Naomi judge, maar my kersboom het ook die week opgegaan. Ons sal maar sien hoe dinge hulself dié week op Binnelanders uitwerk.

Kyk Binnelanders op DStv Online

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies