Menu terloops
In Sepies [27 Mar 2023]

Sepies: Die waarheid maak baie, baie seer in ‘Diepe Waters’ en ‘Arendsvlei’


Hierdie is die sepies met die lekkerste, skokkendste (en soms belaglikste) storielyne dié week.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepies: Die waarheid maak baie, baie seer in ‘Diepe Waters’ en ‘Arendsvlei’

Daar is nie genoeg plek in die tronk vir al die moeilikheidmakers wat in Arendsvlei rondloop nie. En as iemand nie vinnig iets doen nie, gaan Simone (Dawn Fisher) dié week die volgende jong slagoffer op Derrick (Travis Snyder) se lys word. Hierdie situasie is ’n ticking time bomb! Dit terwyl Arendsvlei se hoof-gangster ná etlike jare opgedaag het om dinge nog verder deurmekaar te krap en ’n angsbevange Karla (Daniélle Swanepoel) haar grootste nagmerrie in Diepe Waters beleef. Rossouw (Altus Theart) beter vinnig ’n werk soek, want Karla se terapie-rekening gaan nie goedkoop wees nie.

Sepies op ons radar vandeesweek is Arendvslei en Diepe Waters.

Diepe Waters

Die skrif is teen die muur en solank Rossouw met sy rug daarteen staan, kan hy dit nie lees nie. Mense dink altyd hulle is slim en kan maklik dinge wegsteek, maar geheime kom altyd uit, veral in sepieland. Dit is deel van die DNS van ’n sepie om geheime te hê, sodat ons op een of ander dramatiese manier kan sien hoe daardie geheim in mense se gesigte ontplof. Soms vat dit jare, maar die waarheid kom altyd uit… En net ’n dwaas sal dink hy kan met ’n sappige geheim wegkom. Anja (Reandi Grey) en Rossouw het vir moeilikheid gesoek toe hulle besluit het om soos tieners in die Swartmarlyne se swembad te gaan vry. Enigiemand kon hulle betrap het, maar ongelukkig vir hulle is dit Karla se hart wat hulle gebreek het.

Nee kyk, ek weet nie wat nou van Karla gaan word nie, maar ek weet ek sou baie terapie nodig gehad het as ek my pa en tannie in mekaar se arms met hul tonge in mekaar se kele gesien het. ’n Mens kon sien hoe Karla se hart net daar agter die pawiljoen in ’n duisend stukke breek. Dit was amper ewe intens soos toe die lewe letterlik Jacques (Werner Coetser) se liggaam vir ’n sekonde verlaat het toe Pam (Tracey Lee Oliver) sy eie geheim in sy oor fluister. Die uitdrukking op sy gesig was priceless. Almal onderskat vir Pam en dink sy stap met haar kop in die wolke. Ek dink nie Jacques sal weer vir haar onderskat nie. Pam has entered her boss bitch era and I’m here for it.

Ek wonder net hoe Pam gaan reageer as sy uiteindelik uitvind wie haar pa is. Ek het mos ’n paar weke gelede voorspel dat Gys (Justin Strydom) seker Pam se pa is, veral toe Zelda (Sandi Schultz) so geheimsinnig was. En daar val ek amper van my stoel af toe Zelda die nuus uitblaker. Pam het beslis ’n koeël ontduik deur nie met Jacques te slaap nie. Verbeel jou dié boetie en sussie het op mekaar verlief geraak! Wel, dit sou nie ’n eerste vir sepies wees nie. Vreemder dinge het al gebeur. As Rossouw se geheim dié week uitkom, beter Meghan (Lea Vivier) vinnig haar verhouding met haar skoonseun stop. Sjoe ’n familie kan net soveel hanteer.

As die Cupido-familie in Arendsvlei gedink het hulle het slegte geluk, kan hulle bly wees hul van is nie Swarts nie.

Kyk Diepe Waters op Catch Up en DStv Online.

Arendsvlei

Vir jare hoor ons net van Desmond Galant (Alistair Izobell), die man met al die mag wat uit Arendsvlei moes vlug weens sy onderduimse werk. En daar daag hy toe verlede week op en verras ons almal. Die sjarmante Alistair Izobell is die laaste persoon wie ek verwag het in die rol. Ek kan nie wag om te sien hoe hy hierdie karakter lewe gee nie. Natuurlik was dit Rachel (Kim Syster) wat hom met ope arms verwelkom het. Ek moes geraai het dat Wengrid haar marionet sou stuur. Wat beplan hierdie siek trio vir die arme inwoners van Arendsvlei? Dit is beslis nie iets goeds nie!

En terwyl die polisie op die evil trio se spoor is, hoop ek hulle vang vir Derrick (Travis Snyder) en gooi die sleutel weg. Elke haar op my arm was penorent toe Derrick vir Simone (Dawn Fisher) in die middel van die nag in die kombuis betrap. Die kyk in sy oë was wild, soos iemand wat heeltemal beheer oor sy liggaam verloor het. Ek weet nie wat in PE gebeur het nie, maar sy lys van slagoffers is seker so lank soos my arm. Sy vrou kan aanvoel dat iets fout is, maar sy weet net nie wat nie. Ek weet nie hoe sy haar kollegas en die kinders in haar klas weer in die oë sal kan kyk as iets met Simone gebeur nie. 

Kyk Arendsvlei op DStv Online.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer

Redakteurskeuse vir Augustus 2024: ’n ‘Eksie Perfeksie’-romkom, beste seisoen nog van ‘Fargo’, en meer

Wat om te kyk: Die tweede seisoen van die epiese TV-vertelling van 'Lord of the Rings', heerlike humor in 'JACKPOT!', die Afrikaanse romkom, 'Eksie Perfeksie' en die ongelooflike historiese drama, 'The Tattooist of Auschwitz', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies