Menu terloops
In Sepies [12 Des 2022]

Sepies: Die waarheid is net ’n klein bietjie agterbaksheid weg…


Maak jou gordel vas, dit gaan ’n rowwe week in sepieland wees. Maar watter pawpaw gaan eerste die fan in ons sepies tref? Hierdie is die sepies met die lekkerste, skokkendste (en soms belaglikste) storielyne hierdie week.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepies: Die waarheid is net ’n klein bietjie agterbaksheid weg…

Sepies op ons radar die week is Suidooster, Arendsvlei en Diepe Waters.

Suidooster

Carmen (Desiré Gardner) het verlede week vir almal in Ruiterbosch verbaas toe sy onverwags opgedaag het… Met ’n groot boep. Ek het nes Rhafiek (Irshaad Ally) onmiddellik die somme begin maak! Hul romantiese skelm aandjie saam ses maande gelede, net voor Rhafiek se toue, is heel toevallig perfekte timing met haar swangerskap. Some might say coincidence… Maar ons weet van beter, of hoe?

Carmen het vir Rhafiek probeer oortuig dat dit glad nie sy kind is nie. Maar ek sal geld daarop sit dat dit wél Rhafiek se kind is. Ons almal weet hoe dit werk. Hoekom sou die skrywers vir Carmen terugbring as dit nie syne is nie! Ai, hy beter vir Kaashifa (Jawaahier Petersen) vertel voordat sy by iemand anders uitvind. As daai bom bars, is dit verby met #Rhashifa.

Intussen probeer Siya (Gantane Kusch) bitter hard om vir Danni (Vashti Prins) te verras. Siya wil nie langer wag nie en beplan ’n droomtroue vir Danni, maar sy staan en verbeel haar allerlei dinge. Nou lyk dit asof sy haar surprise-troue gaan mis.

Kyk Suidooster op DStv Online.

Arendsvlei

Theo (Roché Killian) was toe nie die stroper nie, al was hy boesem-buddies met die skuldige. Ek het lanklaas twee mans gesien wat soos skoolseuns oor ’n meisie baklei. Theo en Clint (Clayton Evertson) is albei smoorverlief op Beatrice (Jolene Martin), maar sy was verlede week briesend en het albei die trekpas gegee. Dit lyk asof Beatrice vir eers klaar is met verhoudings. Ek blameer die vrou nie – drama volg die vrou, veral as daar ’n man betrokke is. Ek sou ook myself gekies het as ek in haar skoene was. Ten minste kan jy die situasie beheer en jouself die teleurstelling spaar as jy net met jouself in ’n verhouding is. Beatrice maak gereed vir ’n hot girl summer en ek gun haar dit. Arme Jessie (Melissa Pretorius) is ook nou stoksielalleen, nadat Clint met Beatrice verdwyn het.

Gelukkig is daar een paartjie vir wie dinge goed lyk. Ek sou nou nooit vir Hein (Merlin Balie) en Petra (Shimmy Isaacs) as die perfekte paartjie skets nie. Maar albei is ewe simpel en dalk gaan dit in hul guns tel. Ons sal maar moet sien hoe hul eerste amptelike afspraak uitwerk. Al wat ek weet, is dat ek seker regdeur daardie date gaan lag. Hulle is baie snaaks, maar ons sal maar moet sien of hierdie ’n match made in heaven – of hel – is.

Kyk Arendsvlei op DStv Online.

Diepe Waters

Die spanning het verlede week ’n hoogtepunt in Diepe Waters bereik. Almal stry en baklei op die oomblik en die een is meer hardkoppig as die ander. Gys (Justin Strydom) staan voor in die koor as dit by hardkoppigheid kom. Hy is so behep daarmee om die beste te wees, dat hy die hele klub nou in gevaar stel. In plaas daarvan om te erken dat hy op die oomblik sukkel, spandeer hy net meer geld. Nou wil hy sy vroutjie se skoonheid gebruik om ander mans se besigheid en geld te kry. Meghan (Lea Vivier) het nie op haar mond geval nie en het Gys vinnig laat verstaan dat sy niemand se skouperd is nie. Sy mag dalk stil en simpel lyk, maar sy kan vurig wees en het Gys se gesig behoorlik vir hom gewas.

Zelda (Sandi Schultz) verlekker haar natuurlik in haar groot vyand se ondergang. Dit het gelyk asof Gys ’n aar gaan bars toe Zelda by die klub opdaag en vir hom geld aanbied.

Sanet (Nadia Valvekens) se mond het haar ook weer in die moeilikheid laat beland. Haar kinders se geduld raak nou min en sy is ook lekker ingedoen verlede wees. Dit moet seker ’n bitter pil wees om te sluk as jou ma die helfte van haar geld vir die verlore kind agterlaat terwyl jy jou porsie met jou kinders moet deel. Boonop het Anja (Reandi Grey) toe ’n brief ook gekry, terwyl hul ma niks vir Sanet gelos het nie. Eina! Ek hoop Sanet steel die brief en lees dit sodat ons ook uiteindelik kan weet hoekom Anja weggehardloop het. Dit is mos ’n staatsgeheim en Anja gaan tog nie vir ons sê nie. So kom Sanet, doen jou ding! Ons almal maak staan op jou agterbaksheid om by die waarheid uit te kom.

Kyk Diepe Waters op Catch Up en DStv Online.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

‘Wyfie’: Jou kykgids vir Oktober 2024

Dinge raak ernstig tussen Maggie en Shay en Kyla moet moeilike keuses maak. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer
Sien alle opsies