Menu terloops
In Sepies [8 Aug 2022]

Sepies: Daar is verlief, en daar is onnosel…


Hierdie is die sepies met die lekkerste, skokkendste (en soms belaglikste) storielyne hierdie week. Moenie dié hoogdrama misloop nie.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepies: Daar is verlief, en daar is onnosel…

Ek het ’n paar karakters in ons sepies onderskat, want dié week het ’n hele paar van hulle uiteindelik hul stemme dik gemaak. Dít gaan beslis tot nuwe konflik lei, veral omdat sommige karakters keelvol is. Dis tyd om met jou popcorn voor die TV sit en die drama dop te hou. Sepies op ons radar hierdie week is Arendsvlei en Suidooster.  

Arendsvlei  

Vir weke bid ek dat Angel (Chelsea-Faith Thomas) die lig sal sien en dankie tog, die skille het uiteindelik van haar oë afgeval. Na ’n vinnige besoek aan Ingrid (Rehane Abrahams) in die tronk het Angel weer haar stem gevind. Dit is ook net Ingrid se siek gedagtes wat iemand terug aarde toe sal bring. Angel het die afgelope paar maande in ’n fantasiewêreld gelewe. Ek het al begin wonder of sy naïef of net desperaat is, want so blind vir Ingrid se speletjies kan niemand wees nie. Shame, lyk my sy wou maar net ’n moederfiguur en ’n familie gevind het, maar nou weet Angel die waarheid.

Priester (Whaden Johannes) het nie geweet hoe hy dit het toe Angel vir hom met die mag van Dorothy Galant gedreig het nie. Hy wou haar nog kamer toe sleep, toe Angel vir hom wys wie baas is. Dit is mos vrouemaand en die feminis binne my het net ’n slow clap gedoen toe Angel haar sê gesê, en uitgestap het. In my kop het ek Patrick Swayze se stem gehoor wat sê, “Nobody puts baby in the corner”. Wel, ná verlede week druk niemand meer vir Angel in ’n hoek nie. En Priester kan gelukkig wees dat dit Arendsvlei en nie 7de Laan is nie, want anders het Angel nie na ’n ander kamer toe getrek nie, hy sou beslis agter die laken in die sitkamer moes slaap!   

… nuus uit die sepie-hof

In ander nuus, raak dinge nou warm in die hof. Ingrid se prokureur (Wilhelm van der Walt) het gedink hy kan vir Auntie Gertie (Celeste Matthews) ore aansit, maar hy het met die verkeerde vrou gemors. Hy moes soos ’n stout kind gevoel het, toe die regter vir hom voor almal in die hof op sy plek sit. Noudat Emile (Christian Bennett) en Angel ook teen Ingrid gedraai het, lyk dinge regtig nie goed vir haar nie. Ek hoop net Debra bly kalm, totdat die hofsaak verby is, maar ’n mens kan haar nie kwalik neem nie. Selfs ek is bekommerd dat Ingrid weer op een of ander manier haarself uit hierdie gemors gaan wurm. Tog… met elke nuwe getuie lyk Ingrid al meer paniekerig. Ons sal maar moet sien hoe dinge die week in die hof uitspeel.  

Kyk Arendsvlei op DStv Online.

Suidooster 

Nog iemand wat hul stem gevind het, is Wade (Dean Smith). Daar is verlief en dan is daar onnosel. Wade is deesdae ’n wrak. Ek sou ook wees as Ruiterbosch se grootste skelm agter my bloed aan was. Nazeem (Irvine van der Merwe) is op die oorlogspad. En terwyl Wade nie meer weet wat om te doen nie, wil Angie (Char Carrie) net shop en vakansie hou. Geldstres kan jou verlam en enigiemand kan sien Wade se stresvlakke is hoog. Maar hy het sy breekpunt bereik. Uiteindelik het hy lekker vir Angie laat verstaan dat hy nie meer haar speelmaat is nie. Ek glo ook in manifestasie, maar jy moet ook darem realisties wees. Angie is glad nie in touch met die werklike lewe nie. As ek Wade is, vertel ek maar vir Ty (Maurice Paige) en Lee-Ann (Portia Joel) en trek weer terug, voordat Nazeem sy bene breek.  

Terwyl Wangie mekaar verskree, verstoot Kaashifa (Jawaahier Petersen) vir Rhafiek (Irshaad Ally) om hom te beskerm. Ek hoop sy vertel hom van die kanker, want ek dink hy sal eerder ’n siek vrou, as geen vrou, wil hê.

Kyk Suidooster op DStv Online.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies