Menu terloops
In Sepies [13 Mar 2023]

Sepies: Bomme val neer op ‘Diepe Waters’ se Swarts-gesin


Daar was nie genoeg skuilplek om al ons gunsteling-karakters te beskerm teen al die bomme wat verlede week in ons sepies ontplof het nie. Dit was die een ding ná die ander, maar dinge begin uiteindelik sin maak.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepies: Bomme val neer op ‘Diepe Waters’ se Swarts-gesin

’n Groot geheim is verlede week in Diepe Waters onthul, terwyl karakters soos Bianca (Simone Biscombe) in Suidooster, en die Cupido’s in Arendsvlei, hul grootste vrese in die gesig moes staar. Sepies op ons radar vandeesweek is Diepe Waters en Arendsvlei.

Diepe Waters

Gys (Justin Strydom) en Zelda (Sandi Schultz) jaag mekaar al sedert episode een soos kat en muis. Maar wie is die kat en wie is die muis? Dit is geen geheim dat dié twee nie ooghare vir mekaar het nie, maar waar lê die wortels van hierdie oorlog? Die prentjie begin nou stukkie vir stukkie sin maak ná’n skok-onthulling verlede week. Ek het lankal begin wonder of Zelda en Gys se geliefde vroutjie, Meghan (Lea Vivier), nie saam konkel nie en toe wraggies, daar bars die bom! Meghan was toe nooit kwaad vir Zelda nie. Hulle werk nog die heeltyd saam om Gys se magtige beeld te vernietig. Zelda van buite en Meghan van binne, soos ’n regte sleeper cell.

Ons het verlede week gehoor dat Gys glo verantwoordelik is vir die feit dat Meghan ’n weeskind geword het, maar daar is nog baie antwoorde soek. Boonop was dit nie die enigste onthulling nie. Ons het ook onlangs uitgevind dat Gys verantwoordelik was vir Anja (Reandi Grey) se destydse aborsie, maar dat hy nie geweet het dat dit sy kleinkind is nie. Nou dat die verlede homself herhaal, is Gys briesend vir Johan (Liam Bosman) wat glo sy kleinkind “vermoor” het. Rossouw (Altus Theart) is gatvol en het amper vir Sanet (Nadia Valvekens) pad op gestuur verlede week, maar toe bars die nuutste Swarts-bom.

Sjoe, dit is erger as ’n oorlog op Diepe Waters en die bomme val soos reëndruppels op die oomblik. Dit is amper onmoontlik om skuiling te vind en elke week is dit iemand anders se beurt. Dalk is dit Meghan en haar stiefseun se beurt? Arme Gys, as hy maar net geweet het wat op hom wag.

Kyk Diepe Waters op Catch Up en DStv Online.

Arendsvlei

Terwyl Yvette (Charlene le Roux) die stukke van haar gebroke hart van die vloer af tel nadat die vark JP (Anzio September) haar so lelik ingedoen het, is daar groter probleme in die Vlei. Ná jare as die steunpilare van die gemeenskap, lyk dit asof die Cupido-familie finaal hul geliefde Hoërskool Arendsvlei moet groet. Alles mag dalk lyk asof dit toevallig ’n raadsbesluit is, maar ek weet dat daar eintlik net twee mense agter hierdie besluit sit… Anthony (Terence Bridgett) en Rachel Saaiman (Kim Syster)!

Die Cupido-gesin is beslis in my opinie die familie met die slegste karma in TV-geskiedenis. Dinge het egter nog slegter (as gewoonlik) geword die dag toe hul verlore broer, Anthony, en sy vrou opgedaag het. Ek dink Anthony wil regtig deel van die familie wees, maar hy dra definitief nie die broek in hul huis nie. Ek het ’n gevoel dat Rachel se pa ’n bekende skurk is en dat sy daar is om wraak te neem. Maar wie hy is, weet ek glad nie. Al wat ek wel weet, is dat Rachel nie rondspeel nie en Anthony beter hou by die plan.

As hy net daaraan dink om teen sy vrou te werk gaan die poppe dans. Ek kry die gevoel dat sy gevaarliker as Dorothy Galant is… En dít wil gedoen wees. Elke keer as sy glimlag, of haar planne bespreek terwyl sy in haar kombuis gepamperlang word, kry ek sommer hoendervleis. Dit is hoe evil haar vibe enenergie deur my TV-skerm is.

Kyk Arendsvlei op DStv Online.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies