Menu terloops
In Sepies [20 Mar 2023]

Sepies: Bloed toe nie dik genoeg in ‘Diepe Waters’


Hulle sê bloed is dikker as water, maar ons sepiekarakters het verlede week weer bewys dat familie jou grootste vyand kan wees. Meer as een karakter is deur die mense naaste aan hulle verraai. Hierdie is die sepies met die lekkerste, skokkendste (en soms belaglikste) storielyne dié week.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepies: Bloed toe nie dik genoeg in ‘Diepe Waters’

Dinge raak rof in ons sepies, maar ek kan in my bene voel dit is maar net die begin… Veral nou dat dit lyk asof die grootste TV-skurk een van die dae haar comeback gaan maak. Ek moes teen dié tyd geweet het dat selfs ’n psigiatriese kliniek nie ’n psigopaat soos Wengrid sal kan stop nie…

Intussen het Angie (Char Carrie) Ruiterbosch se eie aspoestertjie geword, noudat die arme weeskind uitgevind het dat sy eintlik die kind van ’n Skotse-heer is.

Sepies op ons radar die week is Arendsvlei, Suidooster en Diepe Waters.

Diepe Waters

Tussen Johan (Liam Bosman) in Diepe Waters en Saartjie (Hunter Plaatjies) in Arendsvlei is daar nou te veel jong mense wat dwelmverslaafdes is. Ek kan nie meer kyk nie. My hart het amper in net so baie stukke soos Johan se hart gebreek toe sy oupa hom verlede week onder die bus gegooi het. Maar hy het hom nie net onder die bus gegooi nie, hy het sommer vier keer oor hom gery. Ek het altyd geweet Gys (Justin Strydom) is ’n stuk gemors, maar om jou eie kleinseun so voor die media en gemeenskap te verneder, is iets anders. Selfs ek het nie gedink Gys kan só laag daal nie. Maar soos hy gesê het, bloed is nie altyd dikker as water nie. Dít bewys hy keer op keer. 

Kyk Diepe Waters op Catch Up en DStv Online.

Arendsvlei

Dit is darem moeilik om goeie mense in Arendsvlei te vind. Elke keer as ’n nuwe gesin intrek, dink ek hier kom die mense wat weer die balans tussen goeie en slegte mense in Arendsvlei gaan herstel. Ongelukkig het daar lanklaas ’n onskuldige gesin sonder geraamtes in hul kas ingetrek. Ek het vir weke al die gevoel gekry dat Derrick (Travis Snyder) nie lekker is nie, ek kon net nie my vinger daarop plaas nie. Maar nou weet ek! Dié man is ’n siek mens en ek bid dat hy vir arme Simone (Dawn Fisher) gaan uitlos.

Ek hoop regtig ek is verkeerd, maar ek dink hy het meer as net sy werk in PE verloor. Ek het ’n gevoel dat bose dinge daar gebeur het en dat Derrick glad nie so onskuldig is soos wat hy lyk nie. Kyk vir Anthony (Terence Bridgett)! Hy het kamstig vir familie kom soek en nou vind ons uit dat Wengrid eintlik vir hom gestuur het. ’n Gedeelte van my kry vir Anthony jammer, maar hy kan ook nie vir homself opstaan as dit by Rachel (Kim Syster) kom nie. Hy is regtig haar lap dog en doen net wat sy sê. Ek hoop dat hy dié week sy voet gaan neersit.

Almal is so bang vir Wengrid, maar ek weet regtig nie hoe daai vrou nog soveel mag van binne die malhuis se mure kan hê nie. Ek het gedink hulle het haar toegesluit en die sleutels weggegooi. Die Cupido-familie gaan nooit teen Wengrid kan wen nie. Dit is altyd pay day vir iemand as sy eers betrokke raak.

Kyk Arendsvlei op DStv Online.

Suidooster

Ek moes my lag hou toe Lady Lillian (Michele Maxwell) haar doodskaam vir Angie se uitrusting by haar deftige verwelkomingspartytjie. Angie het meer soos ’n hip Disney-prinses gelyk, terwyl Lady Lillian eintlik met ’n statige dame wou spog. Haar reaksie het my herinner aan Julia Andrews se reaksie toe sy haar alledaagse kleinkind in ’n prinses in The Princess Diaries moes verander. Ongelukkig vir Lady Lillian het sy nie die fabulous stilis Paolo wat vir Angie oornag in ’n statige dame sal kan verander nie. Ek begin nou nog lag as ek aan Angie se uitrusting dink. Daar was net te veel pers vere en tulle. Terwyl Angie haar voete in die rykes se wêreld vind, hoop ek Bianca (Simone Biscombe) vind nié liefde in Dirk (Evan Hengst) se arms nie. Dié twee spandeer nou te veel tyd saam. Hoor my as ek sê: Hier kom groot moeilikheid.

Kyk Suidooster op DStv Online.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies