Menu terloops

Pivoting S1

Op DStv [Gepubliseer op 14 Mar 2022]


Die komediereeks ‘Pivoting’ spog met ’n punt van 100% op Rotten Tomatoes en draai om drie vriende wie se lewens ná ’n vriendin se dood heeltemal verander.

Kyk nou

Pivoting S1
Kyk lokprent

Die komediereeks Pivoting, met Ginnifer Goodwin, Maggie Q, en Eliza Coupe in die hoofrolle, is ’n rusbank-reeks wat jy met ’n glas wyn in die hand kan kyk. Dit verg nie veel inspanning nie, maar is ook darem nie heeltemal spookasem nie. Dis wat jy kyk as jy ná werk, gatvol en moeg, troos in die salige eenvoud van TV-clichès soek.

Pivoting draai om drie middeljarige vriende, Amy, Jodie en Sarah, wie se lewens handomkeer verander ná die skielike dood van ’n vriendin. “Die lewe is kort” word ’n dringende dryfkrag in hul besluit om uiteindelik voluit te leef en hul passies na te jaag.

In kort, hulle moet pivot en opnuut koers kies. Dit draai op heelwat impulsiewe besluite en snaakse situasie uit. Sarah, ’n chirurg, besluit byvoorbeeld om dié beroep te laat vaar om ’n kassier by ’n kruidenierswinkel te wees.

Hulle is darem saam in dié ding en só word die vriende se band al hegter.

Weeklikse episodes vanaf Vrydag, 11 Maart op M-Net (DStv-kanaal 101) om 19:00 en DStv Online.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies