Menu terloops

Perry Mason S1-2

Op Showmax [Gepubliseer op 11 Sep 2023]


Gaan Perry Mason, nou ’n prokureur, daarin slaag om sy twee kliënte se onskuld te bewys? Beide seisoene van ‘Perry Mason’ is nou op Showmax beskikbaar.

Stroom nou

Perry Mason S1-2
Kyk lokprent

Dié periode-drama  word nie net vir die kostuum- en stelontwerp geprys nie, maar ook vir die vertolkings – veral Matthew Rhys (The Americans) is al telkens uitgewys vir sy spel as the one and only Perry Mason.

Perry Mason is gegrond op die skrywer Erle Stanley Gardner se bekende Perry-karakter, wat in talle van sy kortverhale en boeke speurder speel. 

Die storie speel in die 1930’s af. In die tweede seisoen moet Perry, nou ook ’n prokureur, twee Mexikaanse broers teen ’n moordaanklag op ’n rykmanskind verdedig. 

Die reeks het ’n punt van 84% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes. Peter Travers van ABC News beskryf die reeks as “haunting and hypnotic”. 


Die tweede seisoen is vanaf 11 September 2023 op Showmax beskikbaar. Kykers kan ook die eerste seisoen op Showmax stroom.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies