Menu terloops

Perry Mason S1-2

Op Showmax [Gepubliseer op 11 Sep 2023]


Gaan Perry Mason, nou ’n prokureur, daarin slaag om sy twee kliënte se onskuld te bewys? Beide seisoene van ‘Perry Mason’ is nou op Showmax beskikbaar.

Stroom nou

Perry Mason S1-2
Kyk lokprent

Dié periode-drama  word nie net vir die kostuum- en stelontwerp geprys nie, maar ook vir die vertolkings – veral Matthew Rhys (The Americans) is al telkens uitgewys vir sy spel as the one and only Perry Mason.

Perry Mason is gegrond op die skrywer Erle Stanley Gardner se bekende Perry-karakter, wat in talle van sy kortverhale en boeke speurder speel. 

Die storie speel in die 1930’s af. In die tweede seisoen moet Perry, nou ook ’n prokureur, twee Mexikaanse broers teen ’n moordaanklag op ’n rykmanskind verdedig. 

Die reeks het ’n punt van 84% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes. Peter Travers van ABC News beskryf die reeks as “haunting and hypnotic”. 


Die tweede seisoen is vanaf 11 September 2023 op Showmax beskikbaar. Kykers kan ook die eerste seisoen op Showmax stroom.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies