Menu terloops
In Wat om te kyk [3 Mar 2025]

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk


Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Die 97ste Oscar-toekennings is Sondagaand in Los Angeles uitgedeel met die Emmy-bekroonde komediant en TV-aanbieder Conan O’Brien as die aand se gasheer. M-Net (DStv-kanaal 101) het die toekennings oudergewoonte regstreeks uitgesaai, maar daar is ook ’n heruitsending Maandagaand, 3 Maart 2025, om 22:00, waarna dit ook op Catch Up beskikbaar sal wees. 

Oscars 2025
Conan O’Brien het gasheer gespeel. Foto: Frank Micelotta/Disney via Getty Images)

Die indie-rolprent Anora het die meeste pryse – vyf – gewen, waaronder dié toekennings se kroonjuweel, beste rolprent. 

Hier is vanjaar se wenners, asook waar jy dié rolprente plaaslik kan kyk. 

Neem asseblief kennis dat uitsaai- en verwante besonderhede moontlik kan verander.(Hooffoto: Jeff Kravitz/FilmMagic/Getty Images)

Beste rolprent

Anora, plaaslike kringloop (Ster-Kinekor, NuMetro, onafhanklike teaters)

Oscars
Sean Baker het vier van Anora se vyf pryse gewen – beste rolprent, beste regie, beste redigering, beste oorspronklike draaiboek. Foto: Jeff Kravitz/FilmMagic/Getty Images)

Beste akteur

Adrien Brody, The Brutalist, Apple TV+, asook plaaslike kringloop (Ster-Kinekor, NuMetro, onafhanklike teaters)

Beste aktrise

Mikey Madison, Anora

Oscars 2025
Mikey Madison het gewen vir haar spel in Anora. Foto: Jeff Kravitz/FilmMagic/Getty Images

Beste manlike byspeler

Kieran Culkin, A Real Pain, Apple TV+, Disney+, asook plaaslike kringloop (Ster-Kinekor, NuMetro, onafhanklike teaters)

Oscars
Kieran Culkin het die prys vir beste manlike byspeler vir sy uitstekende spel in Jesse Eisenberg se A Real Pain ingepalm. Foto: Kevin Winter/Getty Images)

Beste vroulike byspeler

Zoë Saldaña, Emilia Pérez

Oscars
Zoë Saldaña het gewen vir Emilia Pérez. Foto: Jeff Kravitz/FilmMagic/Getty Images)

Beste regisseur

Sean Baker, Anora

Beste verwerkte draaiboek

Conclave,  Apple TV+/Prime Video

Beste oorspronklike draaiboek

Anora

Beste internasionale rolprent

I’m Still Here, Apple TV+

Beste animasierolprent

Flow, Apple TV+

Beste dokumentêre rolprent

No Other Land

(Dié dokkie se verspreiding is erg beperk weens “omstredenheid” rondom die onderwerp, so as jy nie in Israel of Palestina is nie, sal jy uiters kreatief moet raak om die dié dokumentêr te kyk. Ek verneem Reddit het soms oplossings vir sulke soort uitdagings… Die ekstra moeite is absoluut die moeite werd. Eintlik moet hierdie voorgeskrewe materiaal wees, maar nou ja.)

Oscars
Basel Adra, Rachel Szor, Hamdan Ballal en Yuval Abraham se grensverskuiwende dokumentêre prent, No Other Land, het die Oscar vir beste dokumentêre rolprent gewen. Foto: Jeff Kravitz/FilmMagic/Getty Images

Beste redigering

Anora

Beste kinematografie

The Brutalist

Beste produksie-ontwerp

Wicked, Apple TV+, asook plaaslike kringloop (Ster-Kinekor, NuMetro, onafhanklike teaters)

Beste kostuumontwerp

Wicked

Oscars
Cynthia Erivo en Ariana Grande het ’n lied uit Wicked gesing. Foto: Kevin Winter/Getty Images

Beste oorspronklike klankbaan

The Brutalist

Beste oorspronklike lied

“El Mal”, Emilia Pérez

Beste kortfliek

I Am Not a Robot, Prime Video

Beste kort animasierolprent

In the Shadow of the Cypress, Vimeo

Beste dokumentêre kortfliek

The Only Girl in the Orchestra, Netflix

Beste grimering en haarstilering

The Substance, Apple TV+/Prime Video

Beste klank

Dune: Part Two, Showmax

Beste visuele effekte

Dune: Part Two, Showmax


Kyk ’n heruitsending van vanjaar se Oscar-toekennings Maandagaand, 3 Maart 2025 om 22:00 op M-Net en DStv Stream (kanaal 101) waarna dit ook op Catch Up beskikbaar sal wees. 

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer

Jou telenovela-gids vir Maart 2025: Die einde breek aan in ‘My naam is Farah’

Tahir probeer steeds om vir Farah te beskerm soos dié verhaal ten einde loop. Hier is ons handige kykgids vir meer oor wat in die laaste sarsie episodes van ‘My naam is Farah’ op kykers wag.

Meer
Sien alle opsies