Menu terloops

My Brilliant Friend S1-3

Op Showmax [Gepubliseer op 14 Jun 2022]


‘My Brilliant Friend’ keer terug met ’n pragtig verfilmde derde seisoen op Showmax.

Kyk nou

My Brilliant Friend S1-3

Die Italiaanse HBO-dramareeks, My Brilliant Friend, keer vir ’n derde seisoen van dramatiese, meesleurende lief en leed terug. Die reeks, wat pragtig verfilm is, is gegrond op Elena Ferrante se topverkoper-boeke (die Neopolitan Novels-reeks).

Die reeks volg twee vriendinne se coming-of-age-verhale in die tweede helfte van die 20ste eeu. Dit speel aan die buitewyke van Napels, Italië, af.

Ons tel eers Lila (Gaia Girace) se storiedrade op. Lila sukkel om as enkelouer onder moeilike omstandighede kop bo water te hou. Elena (Margherita Mazzucco) het intussen ’n suksesvolle roman geskryf. 

Seisoen 3 het ’n 100% kritici-gradering op Rotten Tomatoes, met die Washington Post wat skryf: “My Brilliant Friend is ’n reeks van seldsame omvang en ’n buitengewone prestasie.” (Dis dus met goeie rede dat ons dit in dié moet-kyk-lys ingesluit het.)

Die vierde en laaste seisoen, gegrond op die laaste roman in Ferrante se reeks, The Story of the Lost Child, het onlangs die groenlig ontvang.

Kyk al drie seisoene nou op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2026: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

Van dáái yshokkiespelers tot ‘Bridgerton’ se Aspoestertjie-verhaal, die terugkeer van die geliefde vampierslagter Buffy en nog ’n 'Game of Thrones' spin-off – hier is ’n keur van die TV-reekse wat vanjaar op kykers wag.

Meer

Wat om te kyk: Sit dié reekse op jou moet-kyk-lysie vir Januarie 2026

Die volgende romantiese rondomtaliedans in 'Bridgerton', die terugkeer van die trefferreeks 'Een keer om die son', en die Afrikaanse weergawe van 'The Office' tel onder my top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
Sien alle opsies