Menu terloops

My Brilliant Friend S1-3

Op Showmax [Gepubliseer op 14 Jun 2022]


‘My Brilliant Friend’ keer terug met ’n pragtig verfilmde derde seisoen op Showmax.

Kyk nou

My Brilliant Friend S1-3

Die Italiaanse HBO-dramareeks, My Brilliant Friend, keer vir ’n derde seisoen van dramatiese, meesleurende lief en leed terug. Die reeks, wat pragtig verfilm is, is gegrond op Elena Ferrante se topverkoper-boeke (die Neopolitan Novels-reeks).

Die reeks volg twee vriendinne se coming-of-age-verhale in die tweede helfte van die 20ste eeu. Dit speel aan die buitewyke van Napels, Italië, af.

Ons tel eers Lila (Gaia Girace) se storiedrade op. Lila sukkel om as enkelouer onder moeilike omstandighede kop bo water te hou. Elena (Margherita Mazzucco) het intussen ’n suksesvolle roman geskryf. 

Seisoen 3 het ’n 100% kritici-gradering op Rotten Tomatoes, met die Washington Post wat skryf: “My Brilliant Friend is ’n reeks van seldsame omvang en ’n buitengewone prestasie.” (Dis dus met goeie rede dat ons dit in dié moet-kyk-lys ingesluit het.)

Die vierde en laaste seisoen, gegrond op die laaste roman in Ferrante se reeks, The Story of the Lost Child, het onlangs die groenlig ontvang.

Kyk al drie seisoene nou op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Mei 2025

Rachelle woeker met haar slinkse planne om Shani te verneder en die matriekafskeid kom al nader. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

‘Diepe Waters’: Dís die storielyne om in Mei dop te hou

Mei bring nie net nuwe wendings nie, maar ook selfontdekking, groei en opwindende moontlikhede in 'Diepe Waters'.

Meer

Redakteurskeuse vir Mei 2025: ‘Bridget Jones 4’, ‘Die brug S2’, ‘Die nuusmakers’ en meer

Wat om te kyk: 'Die nuusmakers', ’n nuwe Afrikaanse drama wat persoonlike en professionele drama in die nuuskantoor in oënskou bring; die gewilde avontuur-realiteitsreeks 'Die brug' se tweede uittog; Tina Fey in 'The Four Seasons', ’n reeks wat raakvat soos min; en Bridget Jones se vierde fliekavontuur – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Mei 2025

Aline se landerye vat vlam terwyl sy nog sukkel om die plaas se skuld te delg. En dan word sy boonop amper vergiftig! Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Mei. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies