Menu terloops
In Sepies [1 Jul 2024]

Jou telenovela-gids: Wraak kom teen ’n duur prys in ‘Moederhart’


Is daar hoop vir Onur en Zeynep? En gaan Ahmet sy wraaktog voortsit? Hier is waarna jy hierdie week (1 tot 4 Julie 2024) op die Turkse telenovela ‘Moederhart’ op kykNET&kie kan uitsien.

Kyk nou

Jou telenovela-gids: Wraak kom teen ’n duur prys in ‘Moederhart’

Elke week bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovela, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien. Hier is wat hierdie week op Moederhart gaan uitspeel.

Maandag, 1 Julie 

Talat probeer Ahmet oortuig om meer in Cemre belang te stel. Ahmet moet ook besluit of die prys wat hy vir sy wraak moet betaal te hoog is.

Dinsdag, 2 Julie

Onur wil graag met Zeynep trou, maar sy ma het ander planne vir hom. Muzaffer wil Tugba so gou as moontlik by die huis kry. 

Woensdag, 3 Julie

Nefise erken aan Muzaffer dat sy tydelik vir Kemal gewerk het. Zerrin gee teësinnig toestemming dat Zeynep en Onur mag trou.

Donderdag, 4 Julie

Muzaffer smeek Emre dat hy hom moet vergewe sodat almal by die villa intrek. Kemal vertel vir Nefise hy was ’n vriend van haar oorlede man, Salih, in hul jonger dae.


Moederhart word Maandae tot Donderdae om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai. Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies