Menu terloops

Manifest S1-4

Op Netflix [Gepubliseer op 2 Jun 2023]


Die einde is naby vir die passasiers van Vlug 828 – die laaste tien episodes van ‘Manifest’ is ook nou op Netflix beskikbaar.

Manifest S1-4

Manifest, wat ná drie seisoene deur NBC gekanseleer is, is deur Netflix vir ’n vierde en laaste seisoen in die lewe geroep. Die laaste tien episodes is op 2 Junie beskikbaar gestel – ’n ominous datum… 2 Junie 2024 is immers die sogenaamde Death Date wat soos ’n donker wolk oor die passasiers van Vlug 828 se koppe boer. 

Kyk, ek dink ieder en elk van daai passasiers wens hulle het nooit destyds op daai vlug van Jamaika geklim nie. Eers het hulle vir vyf en ’n half jaar spoorloos (uit die lug uit) verdwyn. Hiervan kan hulle niks onthou nie en hulle is salig onbewus van die tydsverloop as hulle by die lughawe land. Maar tyd het wel aangestap vir hul geliefdes wat gerou, aanbeweeg en nuwe verhoudings begin het.

Hierna het een na die ander onverklaarbare en weird goed gebeur wat die passasiers – wat nie ’n dag ouer geword het nie – na spesifieke situasies gedryf. Hulle noem dié dryfkragte later Callings – so asof hulle geroep word om een of ander bonatuurlike mag se opdragte uit te voer. En toe vind hulle uit hul lot is gekoppel aan die Death Date. Dis glo die dag wat die passasiers gaan sterf, presies vyf en ’n half jaar nadat hulle uit die niet uit teruggekeer het. Maar dit blyk dié datum geld nie net vir die passasiers nie… Die hele mensdom se voortbestaan is op die spel as hulle nie al hul Callings kan vervul nie. 


Die tweede deel van die finale seisoen is vanaf Vrydag, 2 Junie 2023 op Netflix beskikbaar.

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Augustus 2026

Die waarheid oor ’n dokter lei tot ’n dramatiese wending en Joe is desperaat om vrae oor sy identiteit te beantwoord. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer
Sien alle opsies