Menu terloops

Manifest S1-4

Op Netflix [Gepubliseer op 2 Jun 2023]


Die einde is naby vir die passasiers van Vlug 828 – die laaste tien episodes van ‘Manifest’ is ook nou op Netflix beskikbaar.

Manifest S1-4

Manifest, wat ná drie seisoene deur NBC gekanseleer is, is deur Netflix vir ’n vierde en laaste seisoen in die lewe geroep. Die laaste tien episodes is op 2 Junie beskikbaar gestel – ’n ominous datum… 2 Junie 2024 is immers die sogenaamde Death Date wat soos ’n donker wolk oor die passasiers van Vlug 828 se koppe boer. 

Kyk, ek dink ieder en elk van daai passasiers wens hulle het nooit destyds op daai vlug van Jamaika geklim nie. Eers het hulle vir vyf en ’n half jaar spoorloos (uit die lug uit) verdwyn. Hiervan kan hulle niks onthou nie en hulle is salig onbewus van die tydsverloop as hulle by die lughawe land. Maar tyd het wel aangestap vir hul geliefdes wat gerou, aanbeweeg en nuwe verhoudings begin het.

Hierna het een na die ander onverklaarbare en weird goed gebeur wat die passasiers – wat nie ’n dag ouer geword het nie – na spesifieke situasies gedryf. Hulle noem dié dryfkragte later Callings – so asof hulle geroep word om een of ander bonatuurlike mag se opdragte uit te voer. En toe vind hulle uit hul lot is gekoppel aan die Death Date. Dis glo die dag wat die passasiers gaan sterf, presies vyf en ’n half jaar nadat hulle uit die niet uit teruggekeer het. Maar dit blyk dié datum geld nie net vir die passasiers nie… Die hele mensdom se voortbestaan is op die spel as hulle nie al hul Callings kan vervul nie. 


Die tweede deel van die finale seisoen is vanaf Vrydag, 2 Junie 2023 op Netflix beskikbaar.

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies