Menu terloops
In Onderhoude [28 Sep 2021]

Lynelle Kenned verruil haar krulkop vir ’n kaalkop


Lynelle Kenned, wat rolle in Wonderlus en Twee Grade van Moord vertolk het, gesels oor hoe lockdown haar tot introspeksie gelei het.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn

Sien Lynelle Kenned as Jenny in Wonderlus

Lynelle Kenned verruil haar krulkop vir ’n kaalkop

In ’n wêreld van glitz and glamour, is dit soms moeilik om “egtheid” en “vermaaklikheidsbedryf” in dieselfde sin te gebruik. Maar tog is dit ’n bedryf waarin mense diep moet grawe om hul werk te doen en volgens die sanger, aktrise en aanbieder Lynelle Kenned, moet jou eie beker vol wees om jou alles te kan gee.

Haar ontdekkingsreis

Vir ’n lang tyd het sy nie haar volle self, lig en donker skaduwees, met mense gedeel nie. Meestal omdat sy nog baie van haarself moes ontdek, maar ook omdat sy van vooroordeel weggeskram het en bang was sy stel die naaste aan haar teleur. Maar toe kom 2020, die jaar van stil word, die jaar van introspeksie, die jaar van selfontdekking. Nooit vantevore is ons gedwing om soveel tyd met onsself en ons eie gedagtes deur te bring nie. Alles het in ’n oogwink verander. Die een oomblik was kunstenaars maande vooruit bespreek en die volgende is alles gekanselleer.

Vir iemand soos Lynelle, wat nooit vir lank op een plek weens haar besige werkskedule is nie, was lockdown ’n vreemde ervaring. Nou is dit een waarvoor sy baie dankbaar is. Dit het vir haar ruimte gegee om stil te raak en om met haarself kennis te maak. Iets wat vir baie mense traumaties, uitdagend en intimiderend kan wees, was vir haar ’n tyd van selfontdekking.

Selfs onder “gewone” omstandighede is dit soms moeilik om jouself te leer ken en embrace. Dit raak ook net moeiliker omdat jy nie net met jou eie gevoelens en idees van wie jy moet wees, meeding nie, maar ook met die perfekte weergawes wat mense op sosiale media deel, sê die bekroonde ster wat al rolle in flieks soos Twee Grade van Moord en Wonderlus vertolk het. Vir haar rol as Maria in die verhoogproduksie van West Side Story is sy beide ’n Fleur du Cap- en Naledi-prys as beste aktrise toegeken. Haar musiekproduksie, Hunkering na die Ses, tesame met Clint Lesch (bariton) en Albert Combrink (pianis), is ook by die Fiëstas vereer.

Agter die glimlag, onder die haardos

As jy na Lynelle se sosiale media kyk, is ’n groot deel van haar identiteit haar borrelende persoonlikheid, breë glimlag en groot, kenmerkende krulkop. En tog; agter haar warm oë en glimlag was sy moeg om met die sosiale media-weergawe van haarself te kompeteer. Asof sy in lewende lywe een persoon is, en ’n ander op al daai Instagram-prentjies.

Dit het gevoel asof mense verwagtinge oor haar voorkoms en persoonlikheid het – veral omdat sy altyd in karakter met gorgeous rokke op ’n verhoog, of as die oulike girly-girl, voor die kameras gesien word. Hoewel sy baie openlik op haar sosiale media met haar followers gesels, het min mense geweet dat sy tydens lockdown ge-trigger is om deur traumas uit haar verlede te werk. Die vermaaklikheidswêreld ken haar immers as ‘Lynelle, die lewenslustige aanbieder en operasangeres met die engelagtige stem en wonderlike krulle.’

Maar dít strook nie altyd met wat sy sien nie. Dié worsteling, sê sy, is eens met ’n dieper begeerte om haarself beter, op ’n kwesbare en intieme manier, te leer ken. En toe, om gestalte te gee aan die baggage van die lewe wat sy uit haar siel stroop, besluit Lynelle om die haardos wat so sinoniem met haar naam is – en die bron van heelwat advertensie-inkomste – af te skeer. Krulkop vir ’n kaalkop.

Lynelle Kenned is an actress and opera singer.
Dit was ’n leap of faith, sê Lynelle Kenned oor haar besluit om krulbos af te sny, maar dié verandering het rég gevoel. | Verskaf

Lynelle se simboliese bevryding

Toe Lynelle verlede jaar foto’s van haar nuwe haarstyl gedeel het, was mense verbaas. Dis nie iets wat uit verveeldheid gespruit het of omdat sy aandag gesoek het nie. Eerder, soos sy sê, om haarself op ’n simboliese manier vry te maak van voorgee en verwagtinge.

“Vir my was dit glad nie ’n fashion choice nie. So baie van my identiteit as persoon en kunstenaar was in my hare vasgevang. Ek het gevoel asof mense my objectify met hare en mooi rokke op die verhoog. Mense wou altyd aan my hare vat. Dít was ’n groot deel van my en wat mense raakgesien het,” sê sy.

Ja, dit het wel ’n impak op haar inkomste omdat sy nie meer die look het waarna mense soek nie. Maar sy voel meer soos haarself; sy voel mooi en vol selfvertroue wanneer sy optree – dáái berusting is mos baie meer werd.

“Na die eerste hard lockdown het ek besluit om dit te knip. Dit was baie na aan ’n spiritual ervaring. Ek het ligter gevoel. Ek moet erken ek was ook ’n bietjie bekommerd, juis omdat ek soveel advertensie-inkomste as gevolg van my hare gekry het. My familie was ook bekommerd en bang dat dit ’n fout sou wees, veral omdat mense jou soms erg kan judge en dit my werksgeleenthede kon beïnvloed.”

Dit was ’n leap of faith, sê sy, maar dit het rég gevoel. En toe, met die hare af, gebeur ’n onverwagse ding. Vir die eerste keer kon sy haar oorlede ma se gesig in haar eie gesig raaksien.

Ja, dit het wel ’n impak op haar inkomste omdat sy nie meer die look het waarna mense soek nie. Maar sy voel meer soos haarself; sy voel mooi en vol selfvertroue wanneer sy optree – dáái berusting is mos baie meer werd, meen sy.

‘Ek het my queer identiteit embrace’

Kort ná dit het sy besluit om selfs dieper te delf en haar heteronomatiwiteit ge-challenge. Sy het na sterk queer stemme begin luister en moes haar eie geïnternaliseerde homofobie konfronteer. Veral omdat haar familie en gemeenskap sterk opinies oor dié gemeenskap het. 

“Nadat ek my hare geknip het, het ek besluit om soveel meer dinge oor myself te leer ken. En ek het toe regtig my onverwagte liefde ge-celebrate. Ek het iemand ontmoet op wie ek onverwags verlief geraak het. Al het hulle in ’n ander package gekom, was ek vir die eerste keer gemaklik met my ongemaklikheid. Ek het my queer identiteit embrace,” sê sy.

Hoe sy haar lewe leef vorm deel van haar kreatiwiteit en haar kwesbarheid. Dis juis daarom dat sy geweier het dat ander se oortuigings haar gevangene hou. Wanneer jy in die openbare oog is, het almal hul eie idees en sy wou graag vir mense wys dat dit okei is om net jouself te wees.

Lynelle Kenned x 2

“Dit is erg om na jou eie beste en slegste oomblikke op Instagram te kyk en te besef dat die split so hectic is. Daar was een weergawe van Lynelle wat hulle gedink het ek is, en dan die weergawe wat ek binne geweet het ek is,” erken sy. Dis nie dat sy haarself met ander vergelyk het nie – eerder die twee weergawes van Lynelle Kenned.

Om tussen die weergawes jou pad te vind, kan verskriklik moeilik wees. En hoe gemaak as jy dit nog in die openbare oog moet doen?

Haar familie wou hê sy moet haar reputasie in die openbare oog beskerm. Tog, Lynelle het geweet dié journey is noodsaaklik vir haar eie geestesgesondheid en ontwikkeling. Kunstenaars werk hard en grawe diep om hul werk passievol en oortuigend te doen. Dit is belangrik om vir mense te wys wie jy regtig is en dat selfs mense in die openbare oog ook net mense is, onperfek en onseker, meen Lynelle.

Volgens haar is daar baie mense wat met gemak met ’n egte stem in die vermaaklikheidsbedryf beweeg, maar dit is ’n baie persoonlike keuse. Jy kry mense wat omgee oor image en dan kry jy mense wat geken vir hul egtheid wil wees.

“Die bedryf het ’n manier om egte mense, net meer eg te laat voorkom, veral omdat so baie van ons met ons hart en siel werk wanneer ons ’n projek aanpak. Jy kan vinnig agterkom wanneer dit net ’n beroep en nie ’n passie is nie. Daar is baie mense wat net in die bedryf vir die glitz, glam en beroemdheid is – en dit is hul keuse,” sê sy.

“Maar ek glo my kwesbaarheid maak van my ’n beter kunstenaar. So vir nou leer ek hoe om doelbewus te streef na die persoon en kunstenaar wat ek graag wil wees.”

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer

Redakteurskeuse vir Augustus 2024: ’n ‘Eksie Perfeksie’-romkom, beste seisoen nog van ‘Fargo’, en meer

Wat om te kyk: Die tweede seisoen van die epiese TV-vertelling van 'Lord of the Rings', heerlike humor in 'JACKPOT!', die Afrikaanse romkom, 'Eksie Perfeksie' en die ongelooflike historiese drama, 'The Tattooist of Auschwitz', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies