Menu terloops

Lucky Hank S1

Op DStv [Gepubliseer op 14 Jul 2023]


Bob Odenkirk, bekend vir sy rol as Saul Goodman in beide ‘Breaking Bad’ en dié se spin-off, ‘Better Call Saul’, vertolk die titelrol in ‘Lucky Hank’.

Kyk nou

Lucky Hank S1
Kyk lokprent

Die reeks is goud – eintlik mos vanselfsprekend synde die briljante Bob Odenkirk betrokke is. Odenkirk, bekend vir sy rol as Saul Goodman in beide Breaking Bad en dié se spin-off, Better Call Saul, vertolk die titelrol in Lucky Hank.

As Prof. William Henry “Hank” Devereaux, Jr. speel Odenkirk die hoof van die Engelse department by die (geweldige) onderbefondse Railton College in Pennsylvania. As ons vir Hank ontmoet is hy midde ’n midlife crisis wat dreig om sy lewe totaal en al te ontspoor.

Terselfdertyd begin sy vrou, Lily, vertolk deur Mireille Enos (Hanna, The Lie), die adjunkhoof van ’n plaaslike hoërskool, haar lewenskeuses bevraagteken. 

Die reeks, ’n swart humor komedie-drama, is gegrond op Richard Russo se 1997-roman, Straight Man. Russo het al vertel dat die inspirasie vir Straight Man van sy eie ervarings van klasgee by kolleges. 

Lucky Hank het ’n punt van 93% op Rotten Tomatoes met Salon se resensie wat lui: “Ja, Lucky Hank is suiwer Odenkirk, wat op sy beste is as hy gemiddelde ouens speel wat voel asof hulle van alle kante aangeval en tot hul uiterstes gedruk word.”


Vanaf Vrydag, 14 Julie 2023, om 20:00 op M-Net (DStv-kanaal 101). Ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

‘Wyfie’: Jou kykgids vir Oktober 2024

Dinge raak ernstig tussen Maggie en Shay en Kyla moet moeilike keuses maak. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Oktober 2024

Wat om te kyk: Die derde seisoen van die vlymskerp komediereeks, 'Hacks', kopdokters wat dinge sê nes dit is in 'Shrinking' S2, en agter die kospotte in 'Julia' S2 en die nuwe realiteitsreeks, 'The Pasta Queen', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
Sien alle opsies