Menu terloops

Legacy

Op Showmax [Gepubliseer op 28 Okt 2021]


Bloed is dikker as water, maar in dié familie is dit beslis nie so belangrik soos geld nie…

Kyk Legacy op Showmax

Legacy
Kyk lokprent

Legacy word gesien as baanbrekerswerk in Suid-Afrika – ’n telenovela wat afspeel in die wêreld van beleggingsmiljardêrs. Maar dit is ook oor ’n familie wat in ’n oorlog met mekaar gewikkel is en elkeen se stryd om oor te neem as die hoof van Legacy Investments.

Die patriarg Sebastian Price is op die punt om af te tree en hy is gereed om die leisels oor te gee. Sy onverskrokke oudste dogter het haar oog op die pos as hoof en sy sal enigiets doen om dit reg te kry. Wie is bereid om die hoogste prys te betaal om die troon te bestyg?

Nuwe episodes van Legacy is van Maandag tot Donderdag op M-Net en stroom gelykertyd op DStv en is dan binne 24 uur op Showmax beskikbaar. Moenie hierdie skitterreeks met sy sterbelaaide rolverdeling misloop nie.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies