Menu terloops

La Brea S1

Op Showmax [Gepubliseer op 1 Aug 2022]


As jy gedink het Suid-Afrika sukkel met sinkgate, gaan jou deuntjie vinnig verander as jy die apokalipties-groot sinkgat – en die vreesaanjaende nuwe realiteit wat dit teweeg bring – in die wetenskapsfiksiereeks ‘La Brea’ sien.

Kyk nou

La Brea S1
Kyk lokprent

Die wetenskapsfiksiereeks La Brea se eerste seisoen is nou op Showmax beskikbaar en dit is reeds vir ’n tweede seisoen hernu. Die rolverdeling sluit onder andere vir Natalie Zea (Justified) en Eoin Macken (Resident Evil: The Final Chapter) in.

As ’n reuse-sinkgat in die middel van Los Angeles ontstaan, word ’n gesin in twee geskeur. Terwyl die pa en dogter die ramp net-net oorleef, val die ma en seun die gat binne. Só beland hulle saam met ’n groep vreemdelinge in ’n vreemde oerwêreld. Van albei kante probeer die gesin als om te herenig en dis dan wat die pa besef die visioene wat hom teister die sleutel tot hul geliefdes se redding is. 

La Brea is vanaf 1 Augustus op Showmax beskikbaar om te stroom.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies