Menu terloops
In Wat om te kyk [18 Okt 2022]

Kyk nou: Lokprent vir ‘Tali’s Joburg Diary’ wys daar’s geen einde aan Tali se prettige manewales


Showmax het pas die lokprent vir ‘Tali’s Joburg Diary’, die derde aflewering van Showmax se heel eerste oorspronklike reeks, vrygestel. Die nuwe seisoen premiere op 18 November.

Kyk nou vorige seisoene

Kyk nou: Lokprent vir ‘Tali’s Joburg Diary’ wys daar’s geen einde aan Tali se prettige manewales
Kyk lokprent

Tali is terug… Maar in Joburg. Tali’s Joburg Diary volg op die uiters gewilde Tali’s Wedding Diary en Tali’s Baby Diary waarin ons eers Tali (Julia Anastasopoulos) se troue-manewales en toe haar swangerskap-dramas kon meemaak.

Kleuterskool-dinamiek dié keer die dryfveer

Dié keer trek Tali, manlief Darren (Anton Taylor) en kleuter Jayden noodgedwonge terug Joburg toe. Tali se appelkar is omgegooi, jy sien. Die kredietkaarte is oortrokke, bankbalanse is in die rooi, en beurtkrag is nie al rede hoekom hul ligte af is nie. Die tog terug Joburg toe beteken ook dat Jayden by ’n kleuterskool ingeskryf moet word – ’n kompetisie-arena soos min. Dís dan juis ook wat as inspirasie vir dié seisoen gedien het. “Daar is soveel snaakse dinamika wat by kleuterskole afspeel,” sê Julia. “Van die idee van ’n klasma tot die klas se WhatsApp-groep, van kunsveilings tot ouer-onderwyservergaderings.” 

Dié reeks is vir twee jaar agtereenvolgens as Suid-Afrika se beste komedie by die SAFTA-toekennings aangewys.

Tali’s Joburg Diary is vanaf 18 November op Showmax beskikbaar om te stroom. Nuwe episodes sal weekliks beskikbaar gestel word. 

As Tali het Julia (ook bekend as SuzelleDIY) reeds twee keer die Safta vir beste aktrise in ’n komedie gewen. Haar man en medeskepper van die reeks, Ari Kruger, het ook as beste regisseur vir beide die vorige seisoene gewen. 

Nuwe – en bekende – gesigte

Die lokprent gee aanhangers hul eerste blik op nuwe gesigte hierdie seisoen. Daar is nuweling Troy Davy as Tali se seun, Jayden; Ndoni Khanyile (When We Were Black, aanbieder van van Innovate Africa op Al Jazeera) as die hoof van Little Angels Hyde Park, Barbara Bhembe; asook Sharon Spiegel Wagner (Bedford Wives) as Monique the Beak, die huidige klasma by Jayden se kleuterskool.

Kate Normington, wat die 2022 beste ondersteunende aktrise SAFTA gewen het as Tali se ma, Michelle, keer ook terug. Kyk ook uit vir Kate Pinchuck as Taryn, Lucienne Bestall as Tali se assistent, Ashley, Guy de Lancey as Tali se pa, Les, en Julia se regte suster, Stephanie Anastasopoulos, as Tali se suster Michaela. Dan is daar ook geliewe Coconut Kelz wat vir Tali ’n Joburg-makeover gee om al die Slaapstad van haar af te stof.


Tali’s Wedding Diary en Tali’s Baby Diary is reeds beskikbaar om op Showmax te stroom. Die nuwe seisoen premiere 18 November, met nuwe episodes wat weekliks vrygestel word.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies