Menu terloops
In TV [11 Mar 2026]

Kyk nou: Agter die skerms op ‘Voetspore’ se derde Suid-Amerikaanse avontuur


Kom saam met ons agter die skerms op die stel van ‘Voetspore’ soos die deurwinterde span hul derde uittog deur Suid-Amerika maak.

Deur Redaksie
Kyk nou: Agter die skerms op ‘Voetspore’ se derde Suid-Amerikaanse avontuur

Die Voetspore-span, onder leiding van Johan Badenhorst, voltooi met Voetspore: Suid-Amerika 3 hul trilogie oor dié skouspelagtige deel van die wêreld. Venezuela, Guyana, Suriname, Brasilië en Uruguay is dié keer deel van die avontuur.

“Dié drie seisoene oor Suid-Amerika was ’n epiese avontuur en ’n reis van meer as 45 000 km,” sê Johan. “Hierdie laaste tog was meer as 16 600 km en het met sy eie uitdagings en vreugdes gekom. Dit is dertien episodes met ’n span wat deur dik en dun bymekaarstaan, en wat hierdie deel van Suid-Amerika in al sy fasette ervaar het. Om dit in ’n TV-reeks te beleef, gaan kykers beslis vasgenael hou. Wat ’n voorreg!”

Onder die hoogtepunte in die derde seisoen tel Venezuela se Mérida Teleférico, die hoogste en tweede langste kabelkarrit ter wêreld. Daar is ook hul ’n reis vanaf die Amasone-kom tot die Atlantiese Oseaan in Brasilië en dan sluit hulle af in Uruguay, waar die eerste reis na Suid-Amerika drie jaar gelede begin het.

Hier is wat agter die skerms tussen takes gebeur het. 

(Alle foto’s is deur kykNET verskaf.)

Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3

Voetspore: Suid-Amerika 3 saai uit vanaf Woensdag 11 Maart om 20:00 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144). Episodes sal ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar wees. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies