Menu terloops
In TV [11 Mar 2026]

Kyk nou: Agter die skerms op ‘Voetspore’ se derde Suid-Amerikaanse avontuur


Kom saam met ons agter die skerms op die stel van ‘Voetspore’ soos die deurwinterde span hul derde uittog deur Suid-Amerika maak.

Deur Redaksie
Kyk nou: Agter die skerms op ‘Voetspore’ se derde Suid-Amerikaanse avontuur

Die Voetspore-span, onder leiding van Johan Badenhorst, voltooi met Voetspore: Suid-Amerika 3 hul trilogie oor dié skouspelagtige deel van die wêreld. Venezuela, Guyana, Suriname, Brasilië en Uruguay is dié keer deel van die avontuur.

“Dié drie seisoene oor Suid-Amerika was ’n epiese avontuur en ’n reis van meer as 45 000 km,” sê Johan. “Hierdie laaste tog was meer as 16 600 km en het met sy eie uitdagings en vreugdes gekom. Dit is dertien episodes met ’n span wat deur dik en dun bymekaarstaan, en wat hierdie deel van Suid-Amerika in al sy fasette ervaar het. Om dit in ’n TV-reeks te beleef, gaan kykers beslis vasgenael hou. Wat ’n voorreg!”

Onder die hoogtepunte in die derde seisoen tel Venezuela se Mérida Teleférico, die hoogste en tweede langste kabelkarrit ter wêreld. Daar is ook hul ’n reis vanaf die Amasone-kom tot die Atlantiese Oseaan in Brasilië en dan sluit hulle af in Uruguay, waar die eerste reis na Suid-Amerika drie jaar gelede begin het.

Hier is wat agter die skerms tussen takes gebeur het. 

(Alle foto’s is deur kykNET verskaf.)

Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3
Voetspore Suid-Amerika S3

Voetspore: Suid-Amerika 3 saai uit vanaf Woensdag 11 Maart om 20:00 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144). Episodes sal ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar wees. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies