Menu terloops
In Features [2 Mei 2025]

Kyk nou: ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ S2 se beste oomblikke in foto’s


“Die land se beste Vuur & Vlam-span is . . . Lourens en Johan!” Met die wenners nog in sewende hemel, het Terloops ’n gallery van ons gunsteling foto-oomblikke tydens die tweede uittog van Kokkedoor Vuur & Vlam saamgestel. Kyk saam met ons terug.

Deur Annelene Oberholzer
Kyk nou: ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ S2 se beste oomblikke in foto’s

Die vonkelwyn het gevloei en die tafel was al te fyntjies gedek. Die finale uitdaging van Kokkedoor Vuur & Vlam se tweede seisoen was ’n uitsonderlike ervaring en die emosies het hoog geloop.

Die twee spanne wat uiteindelik in die finaal teen mekaar meegeding het was kinkelbraaier Lourens Engelbrecht (37), ’n vryskutsjef van Pretoria en sy onthoubraaier-spanmaat Johan de Villiers (30), die operasionele bestuurder van ’n familieplaas naby Durbanville, teenoor kinkelbraaier Lorianne Heyns (44), ’n professionele kok en haar onthoubraaier-spanmaat, Benjie Benjamin (39), ’n hoogspanningselektrisiën van Kimberley.

Meesterlik, kompeterend en kop-aan-kop is maar net ’n paar van die beskrywings waarmee
die twee beoordelaars, Bertus Basson en Kobus Burger, dié spanne se onderskeie disse toegedig het. Bertus sê dit was werklik uiters moeilik om ’n wenspan te kies, want die disse was
uitsonderlik naby aan mekaar. Maar net een span kan wen.

“Die land se beste Vuur & Vlam-span is . . . Lourens en Johan!” kondig Kobus die wenners
aan. Hulle is eers oorbluf, maar dan sink die waarheid in – en die trane en goue lintjies wat
vrygelaat is, kompeteer met mekaar vir aandag. Tussen alles deur skitter die Goue Haan op sy troontjie. Twee waardige wenners, twee waardige naaswenners!

“Volgende keer vat ons hom, pappa, volgende keer vat ons hom,” is Lorianne se belofte aan
Benjie.

Terloops het ’n gallery van ons gunsteling foto-oomblikke tydens die tweede uittog van Kokkedoor Vuur & Vlam saamgestel. Kyk saam met ons terug op ’n werklik besonderse TV-seisoen. (Lees ook ons onderhoud met die wenners.)

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies