Menu terloops
In Jy sal hou van [21 Sep 2021]

Karakter (S1)


TV- en radioaanbieder Rian van Heerden is op soek na Suid-Afrika se ware “karakters” in dié kykNET-reeks. 

Kyk nou

Karakter (S1)
Kyk lokprent

TV- en radiolegende Rian van Heerden is op soek na Suid-Afrika se ware “karakters” in dié kykNET-reeks oor mense wat die lewe op horings neem en volgens hul eie reëls lewe. 

“Dikwels is al wat ons oor hierdie mense weet bloot gerugte, leuens en ander mense se opinies en persepsies,” sê van Heerden.

In Karakter ontmoet hy mense soos ’n voormalige nudis wat met haarself trou, ’n prediker-krokodilboer, en ’n man wat ry op ’n driewielmotorfiets met ’n kis daaraan vasgemaak. In elke episode probeer Van Heerden dié mense en hul stories verstaan, asook om vir hulle ’n kans te gee om hul eie verhale te vertel. 

Genre: Realiteitsreeks
Regisseur: Deon Potgieter
Aanbieder: Rian van Heerden

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
5

Totsiens, ‘Wyfie’: S2 se 5 onvergeetlike storielyne

Met die laaste sarsie 'Wyfie'-episodes op hande, kyk ons terug na vyf storielyne wat ons tydens die tweede seisoen van dié baanbrekende Afrikaanse universiteitsdrama geboei het.

Meer
Sien alle opsies