Menu terloops
In Sepies [15 Jul 2024]

Jou telenovela-gids: Senuwees knaag in ‘Moederhart’


’n Onthulling en ’n dreigement… Hier is waarna jy hierdie week (15 tot 18 Julie 2024) op die Turkse telenovela ‘Moederhart’ op kykNET&kie kan uitsien.

Kyk nou

Jou telenovela-gids: Senuwees knaag in ‘Moederhart’

Elke week bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovela, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien. Hier is wat hierdie week op Moederhart gaan uitspeel.

Maandag, 15 Julie 

Onur vind ’n verwese Zeynep in die straat en vra haar om ’n rukkie weg te gaan. Emre is kwaad vir Asya oor haar vriendskap met Kaan. 

Dinsdag, 16 Julie

Nefise probeer weer vir Emre oortuig om villa toe te trek. Tugba vertel vir Zerrin wie Emre se pa eintlik is.  

Woensdag, 17 Julie

Muzaffer het ’n senuwee-ineenstorting. Ahmet help Cemre uit ’n penarie uit. 

Donderdag, 18 Julie

Zerrin en Tuba se plan om by Muzaffer uit te kom, misluk as Azime vir Tuba keer en haar met ’n mes dreig. Muzaffer ontruim die babakamer. 


Moederhart word Maandae tot Donderdae om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai. Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies