Elke week bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovelas, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien. Hier is wat op Moederhart en Skerpioen gaan uitspeel.
Moederhart
Maandag, 18 Maart
Onur vat vir Zeynep weg en wys vir haar ’n ander soort lewe. Tugba slaag daarin om Muzaffer en Nefise se aand weg kort te knip.
Dinsdag, 19 Maart
Daar is verreikende gevolge as twee van Nefise se kinders in ’n bakleiery betrokke raak. Zeynep se liefde vir Onur blom.
Woensdag, 20 Maart
Suat bied vir Emre en Suat blyplek aan in die ou huis wat hy by sy ouma geërf het. Nefise laat haarself tydens ete geld.
Donderdag, 21 Maart
Suat en Emre tree tussenbeide as Onur en Ahmet vuisslaan oor die bloukol op Zeynep se arm. Onur begin planne maak om die meubelwinkel te laat misluk.
Moederhart word van Maandag tot Donderdag om 17:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai.
Skerpioen
Maandag, 18 Maart
Ahmet word verkies as die voorsitter van die raad. Sahin vertel die polisie dat hy betrokke was by Hakan se dood.
Dinsdag, 19 Maart
Duru hoor hoe Perihan opdrag aan haar prokureur gee om Ahmet uit die tronk te kry. Efe vertel vir Ferda dat Ahmet weet sy het ’n huurmoordenaar betaal om hom te vermoor.
Woensdag, 20 Maart
Ferda oortuig vir Ahmet dat hulle die leisels van Gevher moet oorneem. Ahmet stuur sy manne om Aras se huis aan die brand te steek.
Donderdag, 21 Maart
Ferda dreig Perihan en stel haar voor ’n keuse – óf sy kry aandele in die maatskappy, óf Sahin word in die tronk vermoor.
Skerpioen word van Maandag tot Donderdag om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai.