Menu terloops
In Sepies [8 Jul 2024]

Jou telenovela-gids: Donker geheime en ongenooide gaste in ‘Moederhart’


Tugba se leuens kom op die lappe terwyl Nefise se verlede ook kom spook. Hier is waarna jy hierdie week (8 tot 11 Julie 2024) op die Turkse telenovela ‘Moederhart’ op kykNET&kie kan uitsien.

Kyk nou

Jou telenovela-gids: Donker geheime en ongenooide gaste in ‘Moederhart’

Elke week bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovela, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien. Hier is wat hierdie week op Moederhart gaan uitspeel.

Maandag, 8 Julie 

Ahmet trek Cemre diep in sy web van bedrog in. Muzaffer sê vir Nefise dat Emre sy houding sal verander. 

Dinsdag, 9 Julie

Muzaffer nooi Nefise, haar kinders en Azime vir ete. Zerrin daag ongenooid op en Onur kondig aan dat hy en Zeynep gaan trou.

Woensdag, 10 Julie

Tugba luister af terwyl Nefise en Azime oor hul ander donker geheim gesels. Azime ontmasker Tugba se fop-swangerskap voor almal.  

Donderdag, 11 Julie

Tugba vis uit by Kemal oor Nefise se verlede en konfronteer Nefise.


Moederhart word Maandae tot Donderdae om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai. Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies