Menu terloops
In Kykgidse [17 Sep 2026]

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir Oktober 2026


Gary maak jag op ’n swendelaar en Siya word toenemend getoets. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Deur Redaksie

Kyk 'Suidooster' op DStv Stream

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir Oktober 2026

Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Suidooster kan verwag.

Donderdag 1 Oktober 2026            

Bianca sukkel met die fondsinsameling sonder Siya se hulp en Frankie besluit waar haar hart lê. Mrs J verras haar kinders, terwyl Nazeem tot aksie oorgaan om Bridgette finaal te sink.

Vrydag 2 Oktober 2026

’n Tragedie tref Ruiterbosch. Frankie voel gereed om die realiteit saam met Riaan aan te durf…

Maandag 5 Oktober 2026                                                

Bridgette huur ’n privaatspeurder. Justin sien Frankie en Riaan vir die eerste keer saam, terwyl Bianca se jaloesie kookpunt bereik. 

Dinsdag 6 Oktober 2026                                        

Bridgette vind iets wat alles kan verander, terwyl Amanda sukkel om Riaan en Frankie se verhouding te aanvaar. Ruiterbosch is steeds in skok…

Woensdag 7 Oktober 2026                                                  

Kaashifa en Rhafiek trap in ’n soortgelyke slaggat, terwyl Elzette ’n naelskraap ondervinding het. Bridgette is op ’n missie…

Donderdag 8 Oktober 2026                      

Gary is oorgretig om Kate te help soek vir ’n nuwe huurder, terwyl Siya getoets word. Bridgette is vasbeslote om die waarheid uit te vind.

Vrydag 9 Oktober 2026

Siya en Elzette stamp koppe en Gary wil seker maak ’n mooi meisie huur Kate se kothuis. Bridgette neem desperaat besluite.

Maandag 12 Oktober 2026                                          

Siya word toenemend getoets, terwyl Gary ’n geleentheid sien om Kate se mooi nuwe huurder se guns te wen. Bridgette begin twyfel oor haar wraakplan…

Dinsdag 13 Oktober 2026                                          

Bridgette speel uiteindelik oop kaarte met Lee-Ann. Mike is op ’n missie om ’n swendelaar uit te vang terwyl Elzette met vuur speel…

Woensdag 14 Oktober 2026                          

Siya se skuldgevoelens begin hom inhaal, terwyl Elzette ’n ferm besluit neem. Intussen stuur Kate se nuwe huurder haar bloeddruk onwetend die hoogte in…

Donderdag 15 Oktober 2026                            

Gary wil vir Claire uitvat vir ete terwyl Mike ’n opwindende aktiwiteit soek vir die reünie wat hy moet reël. Justin is uitstedig en Elzette is alleen by die huis…

Vrydag 16 Oktober 2026

Gary maak ’n plan om die soort man te word waarvan Claire hou, terwyl Mike vrede maak met ’n vervelige reünie. Siya probeer sterk staan nadat hy iets onbesonne gedoen het. 

Maandag 19 Oktober 2026                                    

Siya neem ’n standpunt in, terwyl Justin uitvind van Frankie en Riaan se partytjie. Gary ontdek ’n manier om nader aan Claire te beweeg, en Mike wroeg oor sy reëlings vir die reünie.

Dinsdag 20 Oktober 2026                      

Siya besluit hoe om die ongemaklike te hanteer, terwyl Gary beplan om Claire uit te vra. Angie is afgehaal wanneer Wade vir Lee-Ann vra om hom na ’n spesiale geleentheid te vergesel.

Woensdag 21 Oktober 2026

Siya voel skuldig soos hy die pad vorentoe probeer uitwerk. Dinge tussen Gary en Claire neem ’n onverwagse wending, terwyl die kuberkrakers weer toeslaan, hierdie keer op ’n geslepe jakkals. 

Donderdag 22 Oktober 2026            

Wade en Angie ervaar ’n teer oomblik saam, terwyl Gary ingespan word om die swendelaar wat Ruiterbosch se mense teister te ontmasker. Intussen gaan Siya uit sy pad uit om die waarheid vir almal weg te steek…

Vrydag 23 Oktober 2026

Mymoena dring daarop aan dat Siya oop kaarte speel. Mike sukkel om by te hou by sy ou drinkebroer en Wade is bekommerd dat Angie verkeerde afleidings begin maak oor hulle verhouding.  

Maandag 26 Oktober 2026

Mymoena probeer haar dogter beskerm, terwyl Siya desperaat die regte ding probeer doen. Gary se soektog na die gewetenlose swendelaar neem ’n donker wending, en Wade se sukses by Anker verander skielik in ’n nagmerrie.

Dinsdag 27 Oktober 2026                      

Mike oorweeg om die reünie te kanselleer en Bridgette spring vir die kans om die man wat die kliniekprojek borg te ontmoet. Kate en Claire wil hê Gary moet ophou om jag te maak op die swendelaar, maar hy volg sy eie kop…

Woensdag 28 Oktober 2026

Elzette vind meer uit oor die meisie wat haar met verf gegooi het en Bianca beïndruk almal met ’n uitstekende voorstel. Gary konfronteer Claire, terwyl Mike en die ou manne reünie hou.

Donderdag 29 Oktober 2026            

Mymoena spoor die meisie wat die verf op Elzette en hulle ondersoeker gegooi het, terwyl Mike sukkel om sy ooreenkoms met Derek te finaliseer. Gary stel ’n ultimatum aan Claire…

Vrydag 30 Oktober 2026

Claire wys vir Gary hoe sy berou het oor wat sy gedoen het en dat sy vir hom gejok het, terwyl ’n vreemde voorwerp Bennie teen sy kop tref. Elzette en Mymoena vat mekaar aan…


Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up en DStv Stream

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies