Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Suidooster kan verwag.
Woensdag 1 Oktober
Frankie en Justin bereik ’n nuwe vlak in hulle verhouding, terwyl Angie oorweldig voel. Is daar hoop op ’n versoening tussen Brendan en Bianca?
Donderdag 2 Oktober
Kaashifa vind die perfekte huis, maar daar is ’n komplikasie. Wade worstel met iets groots en Brendan het ’n verrassing vir die Thuli-huishouding.
Vrydag 3 Oktober
Angie en Tino is vasbeslote om wraak te neem. Riaan en Lee-Ann stamp koppe, terwyl Gary die apteek betrokke kry by iets waarvan Aiden niks wil weet nie.
Maandag 6 Oktober
Kaashifa het bedenkinge oor Mymoena se huis. Wade is opgewonde oor sy nuwe vooruitsigte en Susan het ’n blink idee.
Dinsdag 7 Oktober
Wade gaan kyk na die kroeg in Yzerfontein, terwyl Mymoena haar kinders verras. Tino deel hartseer nuus met Angie…
Woensdag 8 Oktober
Mymoena trap onwetend op Kaashifa se tone en Tino sukkel om voor te berei vir sy debuut as komediant. Wade het ’n ernstige gesprek met Elana, terwyl Frankie en Gary se fiksheid getoets word.
Donderdag 9 Oktober
Kaashifa is ongelukkig met Mymoena en sit druk op Rhafiek om iets aan die saak te doen. Tino kry goeie nuus, terwyl Wade vir Zoë probeer oorreed om die ou Ierse kroeg gebou te red.
Vrydag 10 Oktober
Zoë het ’n plan om Wade se droom waar te maak, maar Bridgette is gekant daarteen. Frankie beraam ’n agterbakse plan teen Gary, terwyl die spanning tussen Kaashifa en Mymoena kookpunt bereik.
Maandag 13 Oktober
Frankie is ontsteld omdat Gary goeie vordering maak en die Samsodiens is onseker oor hul verblyf. Intussen is dit een tree vorentoe en twee treë agteruit vir Wade.
Dinsdag 14 Oktober
Aiden wonder hoekom Frankie skielik haar eie rekords breek. Mymoena sukkel om van haar besittings ontslae te raak en Nazeem lei Wade in die versoeking met ’n aanbod wat groot moeilikheid kan veroorsaak.
Woensdag 15 Oktober
Die Samsodiens verwelkom saam ’n nuwe hoofstuk. Frankie en Gary is die helde van die dag, terwyl komplikasies by Wade se kroeg wrywing tussen hom en Zoë veroorsaak.
Donderdag 16 Oktober
Tino is gespanne oor sy werksonderhoud. Dinge gebeur vinnig vir die Samsodiens, terwyl Elana onverwags teëspoed kry.
Vrydag 17 Oktober
Elana neem ’n besluit oor haar kroeg wat haar vriendskap met Wade beïnvloed, terwyl die Samsodiens opgewonde is. Tino begin met sy eerste skof as sekuriteitswag, en Frankie en Gary skrik groot wanneer hulle uitvind die pille het nóg newe-effekte.
Maandag 20 Oktober
Nazeem vra Wade vir ’n ongemaklike guns, terwyl Rhafiek vir Kaashifa verras. Angie vat vir Tino vas.
Dinsdag 21 Oktober
Frankie en Gary is bekommerd wanneer hulle simptome vererger en sê vir Aiden daarvan. ’n Storie uit Mymoena se verlede ontstel haar, terwyl Zoë uitvind Wade het haar in die duister gehou oor iets belangrik.
Woensdag 22 Oktober
Wade maak ’n plan om sy nuwe kroeg te bemark, maar dit krap Elana geweldig om. Mymoena moet op haar tande kners, terwyl Angie weer vir Tino uitdaag oor sy nuwe persoonlikheid.
Donderdag 23 Oktober
Mymoena se suster ontstel haar. Tino het ’n noue ontkoming en Wade se kroeg maak oop, maar sy hart is seer…
Vrydag 24 Oktober
Elana en Angie se plan om Tino na sy ou self te laat terugkeer loop lelik skeef. Zoë is woedend oor ’n foto van Wade en Angie, terwyl Mymoena haar suster vra om Ruiterbosch te verlaat.
Maandag 27 Oktober
Mymoena hoor meer oor die wrede werklikheid van haar suster se moeilike lewe in Kimberley. Wade sukkel om ’n nuwe uitdaging by die kroeg te oorkom. Gary doen vir Bianca ’n guns en dan tref ’n groot geluk hom onverwags.
Dinsdag 28 Oktober
Wade vertel noodgedwonge vir Zoë ’n leuen oor Brassery en JPD kry ’n nuwe personeellid. Angie is woedend vir Tino wat sommer net bedank het.
Woensdag 29 Oktober
Zoë weet Nazeem het ’n private partytjie by Brassery gehou en is woedend dat Wade daaroor gejok het. Gary kaartjies smous in die naam van liefde.
Donderdag 30 Oktober
Wade en Zoë sit steeds vas oor die kroeg, terwyl JPD se nuwe personeellid weer ’n moeilike dag by die werk beleef. Gary het ’n verrassing vir Frankie en Riaan…
Vrydag 31 Oktober
Mymoena glo nie haar suster se weergawe van gebeure nie. Aiden dink Lilly is die een vir Gary, terwyl Wade weer die reëls oortree by sy kroeg. Gaan hy dit berou?
Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax.







