Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Suidooster kan verwag.
Donderdag 1 Januarie 2026
Lee-Ann voel alleen omdat mense Nazeem se kant kies, terwyl Mike en Amanda besin oor hul soen.
Vrydag 2 Januarie 2026
Die Jacobs-dames beraam ’n slinkse plan. Aiden probeer daar wees vir Liné, terwyl Mike en Amanda besef hulle moet praat.
Maandag 5 Januarie 2026
Frankie neem afskeid van haar ouers. Wade reik uit na ’n lewenslyn om weer werk te kry, terwyl Aiden en Liné saam deur diepe waters navigeer.
Dinsdag 6 Januarie 2026
Dis ’n hartseer dag in Ruiterbosch, terwyl Tristan skuldig voel omdat hy vir Angie seergemaak het. Frankie maak vrede met haar ouers se egskeiding, en Wade sukkel om werk te kry.
Woensdag 7 Januarie 2026
Mymoena voel haar raad as ’n ouma word geminag. Aiden is bekommerd oor Linè, terwyl Tristan sukkel om sy jaloesie in toom te hou.
Donderdag 8 Januarie 2026
Liné hou haar dapper, maar Aiden is bekommerd. Tristan en Angie stamp lelik koppe. Wade kry ’n nuwe werk, maar gaan hy kan deurdruk?
Vrydag 9 Januarie 2026
Justin probeer vir Bridgette oortuig om ’n radioprogram te begin oor besigheidswenke, etiket en praktiese wenke vir die alledaagse lewe. Aiden probeer vir Liné teen ’n uitbuiter beskerm terwyl Angie al Tristan se verkeerde knoppies druk.
Maandag 12 Januarie 2026
Bridgette beland in ’n moeilike situasie tydens die eerste uitsending van haar en Justin se program. Wade kry ’n nuwe geleentheid uit ’n onverwagse oord en Angie ontmoet Tristan se ouers.
Dinsdag 13 Januarie 2026
Aiden en Liné probeer die beste maak van hul situasie. Wade se werksoekery lei tot ’n moeilike keuse. Angie en Tristan probeer ondanks geweldige struikelblokke vashou aan hul verhouding, maar Kaashifa bly skepties oor sy bedoelings.

Woensdag 14 Januarie 2026
Kaashifa probeer weer tot Angie deurdring oor Tristan. Aiden is bekommerd oor Liné wat oorhaastig is om te trou, en intussen is daar ’n krisis by die pastorie.
Donderdag 15 Januarie 2026
Liné beplan steeds verwoed aan hulle troue, maar Aiden voel dis te vinnig. Bridgette klim weer in Cecily se skoene en Kaashifa vlieg vir Tristan in.
Vrydag 16 Januarie 2026
Tristan laat Frankie twyfel aan Kaashifa se karakter, terwyl Siya raad soek oor sy gasvrou. Aiden is bekommerd oor Liné, en Susan takel ’n omstrede onderwerp op die lug.
Maandag 19 Januarie 2026
Bridgette word op heterdaad betrap, terwyl Tristan vir Kaashifa vertel dat hy nou by die naelsalon werk. Liné verdwyn…
Dinsdag 20 Januarie 2026
Die spanning tussen Kaashifa, Angie en Tristan kook oor, en Frankie word ook betrek. Bridgette neem noodgedwonge ’n besluit oor haar toekoms by Radio Dassie. Die soektog na Liné duur voort, en Aiden verwag die ergste.
Woensdag 21 Januarie 2026
Bridgette groet die Thulis en gaan hulle meer mis as wat sy gedink het. Liné vat dit dag vir dag, terwyl Tristan ’n verrassing vir Angie het.
Donderdag 22 Januarie 2026
Aiden maak planne vir die toekoms, maar dit is makliker gesê as gedaan. Susan kom af op ’n nuuswaardige storie by die hof, terwyl Frankie vir Angie probeer oortuig om die saamblyery met Tristan te heroorweeg.
Vrydag 23 Januarie 2026
Siya hoor van nóg verbeterings wat by die aftree-oord beplan word, terwyl Susan aangevuur is om geregtigheid te laat seëvier. Aiden isoleer homself van almal.
Maandag 26 Januarie 2026
Tristan het ’n opinie oor Angie se kleredrag. Bridgette vind uit wie die aftree-oord opknap en Susan is op ’n missie.
Dinsdag 27 Januarie 2026
Angie moet al meer haarself verander om Tristan tevrede te stel. Siya besluit om PanVista aan te vat, terwyl Oliver en Susan koppe stamp.
Woensdag 28 Januarie 2026
Bridgette gooi haar volle gewig agter Siya se veldtog in, terwyl Tristan sonder Angie se wete ’n groot besluit neem. Elana en Justin waarsku Susan teen Oliver se eko-kryger neigings.
Donderdag 29 Januarie 2026
Siya het kompetisie en die Jacobse is ontsteld wanneer hulle hoor wie dit is. Susan probeer mense oorreed om in te koop op haar inisiatief, terwyl Angie sien wie en wat Tristan werklik is.
Vrydag 30 Januarie 2026
Nazeem probeer vir Rhafiek by sy politieke veldtog betrek, terwyl Susan se bewaringsprojek ’n onverwagse hupstoot kry. Angie neem ’n dapper besluit oor Tristan, maar gaan haar plan slaag?
Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax.