Menu terloops
In Kykgidse [26 Mar 2026]

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir April 2026


Christine staan op die punt om alles te verloor terwyl Hazel se wêreld ook begin verbrokkel. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Deur Redaksie

Kyk 'Skemergrond' op DStv Stream

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir April 2026

Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Skemergrond kan verwag.

Woensdag 1 April 2026

Wayne wonder of hy getoets word. Christine glo iets skuil agter Fabian se arrestasie. Chelsea is senuweeagtig oor Erica se reaksie.

Donderdag 2 April 2026

Erica hoor Ice wil permanent in Gemoedsdrif bly. Louis en Chelsea skraap moed bymekaar om Erica van hul verhouding te vertel. Wayne stel ’n tydelike dominee aan.

Maandag 6 April 2026

Manny raak opgesweep in sy nuwe rol as instaan-dominee. Erica en Louis probeer weer vastrapplek kry ná Chelsea se besoek. Fabian se drama neem ’n gevaarlike, onverwagte wending.

Dinsdag 7 April 2026

Kevin se trok gaan staan. Ice bied aan om dit reg te maak. Haylee hoor die Louws gaan by die nuwe stalletjie se opening wees. Manny vergesel Wayne op ’n huisbesoek.

Woensdag 8 April 2026

JP bied vir Ice ’n werk aan. Chelsea probeer om dinge deur te werk met Erica. Christine word deur die bank gewaarsku dat sy haar besigheid kan verloor.

Donderdag 9 April 2026

Beeno plaas druk op Fabian om Junior te kontak. Christine maak ’n plan met haar nuwe inligting oor die Louws. Die media stel belang in Hazel en Junior.

Maandag 13 April 2026

Fabian word Christine se gevaarlikste spel nóg. By Everlasting vervaag die lyn tussen liefde en vergifnis wanneer Ice en Louis met die waarheid moet saamleef.

Dinsdag 14 April 2026

Christine word gedwing om teen haar sin op te tree. Louis en Ice bespreek planne terwyl Wayne aan sy strategie werk. Manny neem impulsief ’n verkeerde besluit.

Woensdag 15 April 2026

Christine besef wat Fabian-hulle se plan met haar is. JP is beïndruk met Ice. Manny oorreed vir Meryl om bietjie te ontspan.

Donderdag 16 April 2026

Christine neem ’n groot besluit. Kirby ontdek ’n geheimsinnige lêer van Tyler. Ragel is oorrompel wanneer ice ’n verrassende belydenis maak.

Maandag 20 April 2026

Christine beplan om die foon van Everlasting te steel. Ragel dring daarop aan dat Erica haar liefde vir Wayne bewys. Patty sien ’n ou gesig in Gemoedsdrif.

Dinsdag 21 April 2026 

Christine en Haylee moet ’n nuwe plan beraam om Fabian se video te kry. Manny kry onverwagse hulp vir sy eerste preek. Die Louws wonder of hulle Ice moet aanstel.

Woensdag 22 April 2026

Die dorp gons oor Manny se preek. ’n Waaghalsige Kirby besoek Everlasting. Beeno en Fabian stuur ’n ontstellende boodskap aan Christine, maar Haylee maak haar dag met goeie nuus.

Donderdag 23 April 2026

Haylee vertrek na Everlasting. Erica kruip vir Wayne by die huis weg. Kirby probeer om meer inligting uit Patty oor Tyler te kry.

Maandag 27 April 2026

Haylee het ’n noue ontkoming met Hazel. Kirby probeer dinge uitpraat, maar is onsuksesvol. Ice probeer Louis nader trek.

Dinsdag 28 April 2026

Christine tart vir Hazel en Junior en probeer Hazel afpers. Kirby soek nog inligting oor Tyler se verdwyning. Erica maak ’n nuwe ooreenkoms met Ice.

Woensdag 29 April 2026

Hazel se wêreld begin verbrokkel. Wayne en Erica se harte bots in ’n oomblik van waarheid. Patty en Ruan gee vir Kirby meer inligting rakende Tyler. Amber se woede bars uit.

Donderdag 30 April 2026

Hazel probeer Christine onkant vang. Chelsea, Kevin en Gloria krap almal kop oor Sharon. Kirby doen haar bes om Junior oor te wen. Erica en Wayne laat almal kopkrap.


Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies