Menu terloops
In Sepies [30 Sep 2025]

Jou ‘Skemergrond’-gids vir Oktober 2025


Christine steek weer haar neus in Everlasting se sake en Ronnie se wind word uit sy seile geruk… Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Kyk 'Skemergrond' op DStv Stream

Jou ‘Skemergrond’-gids vir Oktober 2025

Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Skemergrond kan verwag.

Woensdag 1 Oktober  

Ronnie se wind is uit sy seile geruk en dit laat die Louws bekommerd. Patty maak ’n impulsiewe besluit. Erica lek haar wonde.

Donderdag 2 Oktober 

Patty vertrek op haar avontuur. Ronnie bly in ’n slegte toestand. Amber en Louis ontdek iets vreemd op Everlasting. Chrstine raak al hoe meer geïrriteerd.

Maandag 6 Oktober 

Patty is terug met onverwagse nuus. Amber en Louis deel hulle ontdekking. Ronnie ontrafel verder en verder. Junior praat met Fabian oor sy ouers.

Dinsdag 7 Oktober 

Die Louws is bekommerd oor wie hulle wil intimideer. Hazel vertel die familie van Christine se aanbod. Wayne doen navraag oor ’n Bybel-vasvrakompetisie.

Woensdag 8 Oktober 

Hazel vang vir Ronnie by Christine se huis. Erica is bekommerd dat Ice die oorsaak van die plaas se aanval is. Ruan deel nuwe en vreesaanjaende inligting met die familie.

Donderdag 9 Oktober

Die Louws moet ’n moeilike besluit neem oor hul veiligheid. Wayne probeer Winnie teruglok na die kerk. Fabian besluit om die vrou wat hy liefhet te soen.

Maandag 13 Oktober 

Ruan het moontlike verdagtes. Wayne probeer steeds die ou tannies saamkry. Hazel se gewete pla haar en Junior praat ernstig met sy pa.

Dinsdag 14 Oktober 

Ronnie maak Hazel seer wanneer hy haar die waarheid vertel. Christine daag op en verras almal met ’n groot gebaar. Manny steel Patty se idee en beïndruk Wayne daarmee.

Woensdag 15 Oktober 

Die dorp is vurig opsoek na ’n addisionele Bybel vasvra-lid. Christine steek weer haar neus in Everlasting se sake. JP en Jasmine het skokkende nuus vir Hazel.

Donderdag 16 Oktober

Ruan neem ’n moeilike besluit om die Louws te beskerm. Hazel sukkel met die gevolge van haar geheime. Erica wil die kaptein van die Bybel-vasvraspan word.

Maandag 20 Oktober 

Ruan maak ’n deurbraak in sy ondersoek. Jasmine is agterdogtig oor Christine se ywerige deelname aan die patrollies. Hazel doen die ondenkbare…

SKEMERGROND
Jasmine is agterdogtig oor Christine se ywerige deelname aan die patrollies… Foto’s: Skermgrepe

Dinsdag 21 Oktober 

Ruan maak ’n besluit om Christine te konfronteer. Hazel voel erg skuldig oor haar verhouding met Fabian. Erica is seker sy gaan die vierde lid van die vasvraspan wees.

Woensdag 22 Oktober 

Erica weier om Christine te vertrou. Wayne, Manny en die aunties is vasberade om uit te vind hoe die oondbak verdwyn het. Fabian en Hazel word amper betrap.

Donderdag 23 Oktober 

Die Louws maak ’n skokkende ontdekking naby hul huis. Daar is ’n kinkel in die kabel in die vete tussen Meryl en Winnie. Fabian en Hazel stry oor hul situasie.

Maandag 27 Oktober 

Hazel en Ronnie vind mekaar weer. Nuwe alliansies bring verandering in die Louw-huishouding. Christine se heldedaad laat almal wonder.

Dinsdag 28 Oktober 

Hazel wil Fabian uit die Louw-huis kry maar Fabian kry steun uit ’n onverwagse oord. Ronnie kry goeie nuus maar daar’s ’n vangplek. Die vete tussen Winnie en Meryl duur voort.

Woensdag 29 Oktober 

Erica en Manny probeer Winnie terugwen. Ronnie is bang om vir Hazel sy nuus te vertel. Die Louws vrees vir hul lewens ná nóg ’n voorval.

Donderdag 30 Oktober 

Winnie verras die kerkgemeente. Christine en Bobby begin met hul aanvalsplan op Everlasting. Hazel skiet JP se geweer in ’n oomblik van vrees en paniek.


Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies