Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Skemergrond kan verwag.
Donderdag 1 Januarie 2026
Junior raak meer obsessief oor die Wolf Trop. Jessie probeer weer ’n konneksie met Kevin bou. Jasmine help Tillie met haar bekommernisse oor Manny.
Maandag 5 Januarie 2026
JP probeer na Junior uitreik. Gloria is desperaat om Kevin en Jessie se verhouding te red. Tillie raak al hoe meer gefrustreerd met Manny.
Dinsdag 6 Januarie 2026
Ruan voer Lily se plan uit. Hazel het goeie nuus vir Junior maar Willem-Wolf speel vuil. JP gee Kevin goeie raad maar Kevin wys hom op sy skynheiligheid.

Woensdag 7 Januarie 2026
Junior is besig om uit te rafel. Manny is ’n man met ’n plan. Erica se jaloesie oorweldig haar. Gloria probeer Kevin oortuig om meer vriendelik teenoor Jessie te wees.
Donderdag 8 Januarie 2026
Die spanning tussen Amber en Junior kook oor. Manny probeer sy geheim bewaar. Jessie ry saam met Kevin vir aflewerings.
Maandag 12 Januarie 2026
Dirk kom sien Manny met ’n onverwagse versoek. Jessie se onskuldige dade veroorsaak onmin op die dorp. Hazel doen iets drasties om deur te dring tot Junior.
Dinsdag 13 Januarie 2026
Junior se toewyding tot Willem-Wolf veroorsaak probleme tussen hom en Louis. Dominee bid vir Hazel ná Junior haar beledig het. Manny vra Tillie om te trou.
Woensdag 14 Januarie 2026
Willem-Wolf motiveer Junior om sy eie trop te begin. Ragel en Jessie spandeer meer tyd saam. Junior en Louis het ’n uitval.
Donderdag 15 Januarie 2026
Junior bevestig sy onafhanklikheid met ’n groot gebaar. Erica tob oor die sitausie met Wayne. Jessie probeer ’n nuwe manier om Kevin se guns te wen.
Maandag 19 Januarie 2026
Junior se konflik met sy familie bereik kookpunt. Jessie werk hard om Ragel te help. Christine vind ’n nuwe aanvalshoek teen die Louws.
Dinsdag 20 Januarie 2026
Doppies praat onwetend sy mond verby. Erica doen wat sy nie gedink moontlik is nie. Manny en Tillie vertel vir Wayne van hul planne.
Woensdag 21 Januarie 2026
Louis ontdek ’n anti-Wolf-webwerf. Jessie se geheim vreet aan haar. Junior blameer Hazel wraaksugtig omdat sy nie sy hartseer korrek hanteer het nie.

Donderdag 22 Januarie 2026
Darren se houding teenoor Doppies ruk handuit. ’n Swak en beseerde Kevin smeek Jessie vir die waarheid. Hazel konfronteer Willem-Wolf persoonlik.
Maandag 26 Januarie 2026
Junior en Hazel stamp koppe oor haar besoek aan Willem-Wolf. Jessie het hoop vir haar en Kevin. Meryl se vriendinne skinder oor haar vreemde gedrag.
Dinsdag 27 Januarie 2026
Jessie en Gloria berei vir die vertoning voor. Junior en Darren se betrokkenheid by Willem-Wolf het lelike gevolge. Winnie, Jane en Adriana bespreek teorieë oor hoekom Meryl hulle vermy.
Woensdag 28 Januarie 2026
Almal is bekommerd oor Darren. Erica se hart breek wanneer sy ’n intieme oomblik tussen Wayne en Jessie sien. Junior bereik breekpunt.
Donderdag 29 Januarie 2026
Junior probeer dinge met sy familie regmaak. Amber vind ’n geheimsinnige gedenksteen op die plaas. Meryl veroorsaak verdere moeilikheid in Gemoedsdrif.
Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.