Menu terloops
In How-tos [13 Sep 2021]

Jou gids tot DStv Online, die DStv-app en Catch Up


Hoe werk streaming op DStv? Hier is ‘n eenvoudige gids oor hoe Catch Up, DStv Online en die DStv-app werk.

Deur Michelle Edwards
Jou gids tot DStv Online, die DStv-app en Catch Up

DStv is nie beperk tot die inhoud op DStv-dekodeerders of Exploras nie. Daar is verskillende DStv-dienste wat dit vir kykers moontlik maak om reekse, flieks, sport en meer te kyk wanneer hulle wil, waar hulle wil, en hoe hulle wil.

Hier is ‘n eenvouding gids oor DStv se streaming werk.

Hoe werk stroming met DStv Online en die DStv-app?

DStv-intekenare kry toegang tot dieselfde kanale en inhoud op DStv Online en op die DStv-app as wat hulle op hul DStv-pakket het. Dit is dus ‘n aanlyn-weergawe van hul DStv-pakket.

Deur die DStv-app vir Android of iOS te gebruik en toegang tot DStv Online deur now.dstv.com te kry, gee vir intekenare dieselfde regstreekse kanale wat hulle op hulle Explora het en sluit inhoud op Catch Up in. (Die DStv-app en DStv Online was voorheen as DStv Now bekend.)

Daar is geen ekstra koste vir DStv-intekenare om DStv Online of die app te gebruik nie. Laai net die app af en registeer.

Daar word elke maand ’n aantal volledige reekse (boxsets) op DStv Online gelaai wat intekenare die kans gee om dit volledig af te laai – soos byvoorbeeld MasterChef Australia S13 wat as ’n volledige reeks tot 11 Oktober 2021 beskikbaar sal wees.

Intekenare kan ook reekse, flieks of sport aflaai met die DStv-app. Vind meer hier uit.

DStv Catch Up

Meeste reekse se episodes, flieks en sportwedstryde wat op DStv-kanale uitgesaai word, sal binne 48 uur op Catch Up vir intekenare beskikbaar wees om te kyk wanneer hulle wil. Catch Up is beskikbaar vir alle DStv-intekenare, maar die inhoud hang af van watter pakket jy het.

Om toegang tot Catch Up te kry, het jy ‘n PVR-dekodeerder (DStv Explora) nodig en ‘n maandelikse fooi van R95 geld. Jy kan ook inhoud op Catch Up kyk deur die DStv-app of deur DStv Online te besoek. Daar is geen verdere kostes verbonde nie.

Wanneer jy jou Explora aan die internet koppel, sal dit ’n uitgebreide katalogus Catch Up-inhoud laai. Dit is soos Catch Up op steroïdes!

Nie alle programme op DStv is beskikbaar op Catch Up nie, maar jy kan dit ook met jou PVR-dekodeerder of Explora opneem om later te kyk.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk op DStv in Mei 2022

Wat om te kyk op DStv vandeesmaand: Die treffende 'Hightown' keer terug met ’n tweede seisoen terwyl die topverkoperboek 'The Time Traveler's Wife' uiteindelik in ’n TV-reeks omskep is.

Meer

Wat om te kyk op Netflix in Mei 2022

Wat om te kyk op Netflix vandeesmaand: Dié stroomdiens se eerste oorspronklike Nigeriese fiksiereeks, 'Blood Sisters', ’n nuwe Suid-Afrikaanse rillerreeks, 'Savage Beauty', en ’n fiktiewe vertelling van die man wat die term Stockholm-sindroom geïnspireer het.

Meer

Wat om te kyk op Showmax in Mei 2022

Wat om te kyk op Showmax vandeesmaand: 'Troukoors' loop weer hoog, 'The North Water' maak sy debuut, en die skreeusnaakse 'The Righteous Gemstones' keer terug.

Meer

‘Anatomy of a Scandal’: Dié kragtoer se houvas kan jy nie sommer afskud

'Anatomy of a Scandal' se ystergreep laat ses episodes na veels te min voel.

Meer
Sien alle opsies