Menu terloops
In Kykgidse [3 Nov 2025]

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025


Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op ‘Dikker as water’-kykers wag.

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025
Kyk lokprent

Elke maand bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovela, Dikker as water, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien. 

Hier is ’n voorsmakie van wat in November op Dikker as water-kykers wag.

Maandag 3 November

Cimen en haar ma argumenteer omdat sy gestraf gaan word oor die skoolgebeure. Sy loop weg van die huis en gaan slaap by Doğa se huis.

Dinsdag 4 November

Pembe was nog nooit ten volle oortuig dat Alev heeltemal onskuldig is terwyl sy vir die familiemaatskappy werk nie. Alev gesels heel openhartig met Abdullah en nooi hom uit vir middagete.

Woensdag 5 November

Alev is steeds ongelukkig oor hoe haar ma haar uitgetrap het, maar Kıvılcım probeer vrede maak tussen die twee. Pembe het gewetenswroegings oor wat sy teenoor Kıvılcım kwytgeraak het

Donderdag 6 November

Doğa bring ’n straathond huis toe en die hele familie is baie ontsteld daaroor. Pembe wil Doğa na haar ginekoloog toe neem omdat dit vir hulle onaanvaarbaar is dat sy ’n man as dokter het.

Maandag 10 November

Kıvılcım word gedagvaar weens haar uitgesprokenheid oor sluiers in ’n winkel. Sy maak verder amok by die ginekoloog omdat Pembe daarop aandring dat Doğa deur ’n vrou ondersoek word.

Dinsdag 11 November

Kıvılcım moet met ’n prokureur konsulteer om sake uit die hof te hou. Kıvılcım se eksman, Kayhan, probeer ’n vervalle ou hotel aan Abdullah se maatskappy verkoop.

Woensdag 12 November

Nilay is baie ongelukkig omdat Abdullah vir haar en Mustafa aanspreek oor die ongemagtigde onttrekking uit die maatskappy se bankrekening. Can gaan soek raad by Omer oor die teenklag wat Kicilcim aanhangig wil maak.

Donderdag 13 November          

Kıvılcım steek haar nek uit om ’n ander vrou by te staan, Pembe wil haar kop in ’n gat druk, Doğa maak ’n groot besluit, en Alev sien deur haar suster.

Maandag 17 November

Terwyl Pembe by Alev is, daag Abdullah ook daar op, met blomme in die hand. Dit lei tot ’n misverstand.

Dinsdag 18 November

Pembe is jaloers omdat sy dink Abdullah flankeer met Alev. Kıvılcım stry met Kayhan oor die pligte van ’n vrou in die huwelik en sy sê vir Fatma dat sy nie ’n man in haar lewe nodig het nie.

Woensdag 19 November

Doğa en Fatih laat doen ’n sonar en almal is baie gelukkig dat die baba gesond is. Kayhan beïnvloed Fatih subtiel om die hotel te koop.

Donderdag 20 November

Kıvılcım sien hoe Fatih vir Doğa aan haar arm rondsleep nadat hy uitvind dat sy skelm met haar studies voortgaan. Sy konfronteer hom en dit lei tot ’n onderonsie.

Maandag 24 November

Doğa voel ingehok om saam met ’n godsdienstige ortodokse familie te woon. Sy besluit op haar eie om haar studies aan die universiteit voort te sit en nie vir Fatih te vertel nie.

Dinsdag 25 November

Kıvılcım wil die ouers van die kind wat van die kortlys van kandidate geskrap is, sien voor ʼn finale besluit oor nuwe innames by die skool gemaak word. Die kind se ma is ’n verrassing vir Kıvılcım.

Woensdag 26 November

’n Heerlike ete verander amper in ’n onsmaaklikheid. Kıvılcım maak haar hart oop vir ’n ma en seun. Nursema word aangenaam verras, en Doğa word te ver gedryf.

Donderdag 27 November

Doğa reël ’n verrassingspartytjie vir Fatih wat verjaar. Fatih vertel vir Abdullah dat hy ’n hotel gekoop het, saam met sy skoonpa as vennoot.


Dikker as water begin op Dinsdag 14 Oktober om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145). Dit sal weekliks van Maandae tot Donderdae uitgesaai word. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies