Menu terloops
In Kykgidse [29 Mei 2026]

Jou ‘Dikker as Water’-kykgids vir Junie 2026


Fatih se houding het ’n skielike ommeswaai en Alev se optrede laat haar familie platgeslaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op ‘Dikker as water’-kykers wag.

Deur Redaksie
Jou ‘Dikker as Water’-kykgids vir Junie 2026

Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Dikker as Water kan verwag.

Maandag 1 Junie 2026

Pembe ontdek haar kleinkind is besny en ’n storm breek los. Verwarmers laat die krag afgaan, Zulkar ‘herbedraad’ die gebou en Ömer word deur Bekir besoek.

Dinsdag 2 Junie 2026

Nursema kry behandeling vir bronchitis en Fatih betaal die hospitaalkoste ten spyte van Umut se besware. Kıvılcım beraam ’n plan om Nazli op TV te kry.

Woensdag 3 Junie 2026

Nursema herstel maar die familie is bekommerd. Fatih bied hulp aan, Nursema weier. Sonmez se elektrisiteitsrekening onthul Umut se situasie. Helin oorspeel haar hand.

Donderdag 4 Junie 2026

Kıvılcım se eerste regstreekse uitsending is ’n groot sukses. Nilay wil weet of Alev en Abdullah ’n verhouding het en stel ’n strik vir hulle.

Maandag 8 Junie 2026

Umut kla oor huwelikskoste en Nursema wonder hoe sy kan help. Sy soek werk terwyl Umut uiteindelik vir Alev om finansiële hulp nader.

Dinsdag 9 Junie 2026

Abdullah neem Alev na ’n spesiale restaurant en sy onthul sy en Ruzgar trou oor twee dae. Nilay kap die baba se naelstring op om op verskeie plekke te begrawe.

Woensdag 10 Junie 2026

Umut ontmoet ’n paartjie wat sy toekoms kan verander. Nilay se naelstringmissie ontaard in ’n drama. Fatih het ’n skielike gedragsverandering en Ertugrul en Kıvılcım se band versterk.

Donderdag 11 Junie 2026

Abdullah en Alev se verdwyning gooi albei families in beroering en Ömer staan voor ’n moeilike keuse.

Maandag 15 Junie 2026

Abdullah keer terug huis toe en eis ’n egskeiding van Pembe. Alev verbreek haar verlowing met Ruzgar en verklaar haar liefde vir Abdullah.

Dinsdag 16 Junie 2026 

Almal word geraak deur Abdullah en Pembe wat uitmekaar gaan. Doğa word Pembe se teiken. Mihri jok vir haar pa oor hoekom sy na ’n spesifieke universiteit wil gaan.

Woensdag 17 Junie 2026

Alev se optrede laat haar familie platgeslaan. Ömer moet dringend geopereer word en die familie ontdek die waarheid. Ertugrul verklaar sy liefde aan Kıvılcım.

Donderdag 18 Junie 2026

Na Ömer se operasie belet Pembe Kıvılcım se familie die hospitaal weens Alev. Sy beveel Mustafa om alle bande en die vennootskap met Sonmez te verbreek.

Maandag 22 Junie 2026

Nilay oorreed ’n hartseer Pembe om haar trourok vir ’n arm meisie te skenk. Ertugrul gee vir Kıvılcım ’n spesiale geskenk waaroor sy baie bly is.

Dinsdag 23 Junie 2026

Pembe kry ’n enorme slag en Doğa raak meer opstandig teenoor die Unals. Kıvılcım ontvang skokkende inligting nadat sy haar antwoord vir Ertugrul gee.

Woensdag 24 Junie 2026

Alev verdedig Abdullah en wys uit dat al die kinders geweet het maar stilgebly het. Dit breek vir Pembe. Ömer bieg teenoor Kıvılcım.

Donderdag 25 Junie 2026

Pembe reël dat Fatih ’n hubare vrou ontmoet. Sy sê vir Doğa sy sal nie toelaat dat sy en Fatih weer trou nie, wat Doğa hewig ontstel.

Maandag 29 Junie 2026

Pembe verander die restaurant se naam na Pembe se Kombuis. Kıvılcım en Ertugrul is by ’n konsert waar Ömer besef hulle het ’n verhouding.

Dinsdag 30 Junie 2026

Ömer slaap by Umut en Nursema oor ná te veel drank. Nilay verwoes Alev se kantooruitstalling. Doğa verklaar sy is nou die hoof van die huis.


Dikker as water saai weekliks van Maandae tot Donderdae uit om 20:00 op kykNET&kie en DStv Stream (DStv-kanaal 145).

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies