Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Dikker as Water kan verwag.
Woensdag 1 Julie 2026
Doğa nooi Alev uit tot Pembe se ontsteltenis. Pembe, Zulkar en Nilay beplan om Alev valslik te beskuldig sodat sy in die tronk beland.
Donderdag 2 Julie 2026
Pembe se aandete veroorsaak groot drama. Ten spyte van die egskeidingsaak versterk Abdullah en Alev se band, en Umut se winkel open.
Maandag 6 Julie 2026
Nursema wonder waar Umut se geld skielik vandaan kom. Pembe roep Zulkar se hulp in sodat Abdullah die seënseremonie bywoon. Alev word gearresteer.
Dinsdag 7 Julie 2026
Abdullah eis dat Pembe die saak teen Alev terugtrek. Pembe eis dat hy die egskeiding laat vaar. Alev wil Duitsland toe vlug. Abdullah wil aftree.
Woensdag 8 Julie 2026
Alev verdwyn en Abdullah sukkel om haar te kry. Doğa help in Alev se kantoor met haar baba. Ertugrul vra Kıvılcım om te trou, maar sy weier.
Donderdag 9 Julie 2026
Ömer word voorsitter, wat Abdullah se gesondheid benadeel. Die dokter lig Mustafa in dat hy nooit kinders sal kan verwek nie.
Maandag 13 Julie 2026
Die Unals ervaar ’n groot skok. ’n Kyker nader Kıvılcım met ’n nuwe uitdaging, en Umut gooi sy gewig rond by sy skoonfamilie.
Dinsdag 14 Julie 2026
Alev probeer Abdullah kontak, maar Pembe sweer wraak. Nilay sê vir Pembe hulle word bedreig deur ’n Bose Oog en kort ’n reinigingsritueel.
Woensdag 15 Julie 2026
Fatih wil skei as Doğa sy ma sleg hanteer. Mustafa verras Nilay met ’n egskeiding en sê sy het gejok oor wie hul kind se pa is.
Donderdag 16 Julie 2026
Nilay erken aan almal dat Mustafa nie haar kind se pa is nie. Ayse waarsku vir Kıvılcım dat sy in lewensgevaar is.
Maandag 20 Julie 2026
Mustafa is bitter oor Nilay se woorde, maar Sonmez glo dit nie. Fatih wil skei van Doğa, maar sy besef sy het hom nog lief.
Dinsdag 21 Julie 2026
Metehan se ontmoeting met ’n vrou beïndruk hom. Mustafa konfronteer Nilay. Doğa rig ’n versoek aan Fatih en Alev neem ’n groot besluit.
Woensdag 22 Julie 2026
Umut word vir bedrog gearresteer. Alev sê vir Pembe sy het Abdullah verlaat en vra om verskoning. Doğa en Fatih teken egskeidingsdokumente.
Donderdag 23 Julie 2026
Abdullah vra Pembe om vergifnis. Terselfdertyd faal al Mustafa en Zulkar se planne om Nilay sover te kry om Mustafa te vergewe.
Maandag 27 Julie 2026
Pembe wil Fatih laat trou met die persoon wat Metehan verlei. Doğa vra Kayhan om sy eie gesin te ondersteun en nie vir Fatih nie.
Dinsdag 28 Julie 2026
Ömer en Kıvılcım begin van voor af en vergeet die verlede. Fatih word voorgestel aan Gorkem met die oog op ’n gereëlde huwelik.
Woensdag 29 Julie 2026
Fatih help dat Umut parool kry. Ömer hoor dat Pembe konkel sodat Gorkem en Fatih trou.
Donderdag 30 Julie 2026
Gorkem en Fatih hou van mekaar tot Pembe se vreugde en Ömer se ongemak. Kıvılcım en Ömer se verhouding word sterker. Pembe gee Umut ’n ultimatum.
Dikker as water saai weekliks van Maandae tot Donderdae uit om 20:00 op kykNET&kie en DStv Stream (DStv-kanaal 145).