Menu terloops
In Kykgidse [5 Jan 2026]

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir Januarie 2026


Kıvılcım en Ömer verklaar hul liefde en Doğa is vasbeslote om Nursema te help… Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op ‘Dikker as water’-kykers wag.

Deur Redaksie
Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir Januarie 2026
Kyk lokprent

Elke maand bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovela, Dikker as water, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien. 

Hier is ’n voorsmakie van wat in Januarie op Dikker as water-kykers wag.

Donderdag 1 Januarie 2026

Abdullah is kwaad oor die bewering dat Ömer en Alev ’n verhouding het en belet sy gesin om weer daaroor te praat. Leman probeer selfdood pleeg toe sy besef dat Ömer finaal van haar skei. 

Maandag 5 Januarie 2026

Doğa smeek Fatih om in hulle eie huis te gaan bly, maar hy weier. Metehan raak in ’n bakleiery betrokke by die skool en vertel vir Kıvılcım van sy ma se poging tot selfdood.

Dinsdag 6 Januarie 2026

Nilay agtervolg Nursema en sien haar by Umut en gaan vertel vir Pembe. Leman ontsnap uit die hospitaal en konfronteer vir Ömer en Kıvılcım voor albei families.

Woensdag 7  Januarie 2026

Kıvılcım en Ömer verklaar hul liefde in Abdullah se huis. Niemand het daarvan geweet nie en begin onmiddellik vir Kıvılcım verdink van dubbele standaarde.

Donderdag 8 Januarie 2026

Almal sukkel om die skoknuus oor die verhouding tussen Kıvılcım en Omer te verwerk. Nilay vertel vir Pembe dat Nursema vir haar lieg, en dat sy steeds skelmpies vir Umut ontmoet.

Maandag 12  Januarie 2026

Ömer en Kıvılcım doen skadebeheer ná die vorige aand se gebeure, en Nursema word swaar gestraf.

Dinsdag 13 Januarie 2026

Umut en Nursema wil wegloop. Haar familie vind dit uit, en reël dat sy dieselfde aand nog trou.

Woensdag 14 Januarie 2026

Doğa vra Alev dat hulle twee iets moet doen om Nursema te help. Pembe vat Nilay dokter toe nadat sy skielik naar en duiselig voel.

Donderdag 15 Januarie 2026

Nilay kondig haar swangerskap tydens ete aan. Alev werk aan ’n plan om Ibrahim te ontbloot as die rokjagter wat hy is.

Maandag 19 Januarie 2026

Alev en Metehan vra Ceylan om vir Ibrahim te verlei. Hulle hoop dat Ibrahim van Nursema sal skei sodat sy by Umut kan wees. Abdullah ondersoek die saak.

Dinsdag 20 Januarie 2026 

Nilay kan dit eenvoudig nie weerstaan om die pot te roer sover dit Doğa betref nie. Alev moet noodgedwonge aanvaar haar plan vir Nursema gaan nie werk nie. Ömer nooi vir Doğa en Fatih vir ete.

Woensdag 21 Januarie 2026

Nursema se lot word amptelik bepaal en een van die meisies op Alper se lys kom maak amok by die skool.

Donderdag 22 Januarie 2026

Abdullah betrap Mustafa waar hy in die middenagure koek bak, tot Abdullah se ontsteltenis. Ömer vra vir Kıvılcım om te trou.

Maandag 26 Januarie 2026

’n Hartseer Nursema trou met Ibrahim en Alev vertroos vir Umut. In ’n poging om weg te kom van Ibrahim, dreig Nursema om by die venster uit te spring en dan stamp Ibrahim haar uit.

Dinsdag 27 Januarie 2026

Fatih sit die hotel in die mark in ’n poging om van Kayhan ontslae te raak. Saniye laat weet vir Pembe dat Nursema op wittebrood in Italië is. Sy word intussen wakker in die hospitaal.

Woensdag 28 Januarie 2026

Nursema word gyselaar gehou in ’n hospitaalbed nadat haar skoonmense se seun Ibrahim haar by ’n venster uitgestamp het. Die skoonmense sê vir Nursema se ouers dat sy piekfyn is, maar Doğa bevraagteken dit.

Donderdag 29 Januarie 2026

Doğa red vir Nursema uit die hospitaal uit en neem haar na Alev se woonstel toe. Pembe dink steeds Nursema is op wittebrood in Italië.


Dikker as water saai weekliks van Maandae tot Donderdae uit om 20:00 op kykNET&kie en DStv Stream (DStv-kanaal 145).

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies