Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Binnelanders kan verwag.
Vrydag 1 Mei 2026
LJ vertrek gouer as wat Ella gehoop het, Tracy gebruik Conrad as ’n verskoning, en Nicolette het genoeg gehad.
Maandag 4 Mei 2026
Nicolette gaan weer die teater betree, ondanks almal se waarskuwings. Dit wil voorkom asof Tracy die groot skuif wel oorweeg, en Thalia sukkel steeds om werk te kry.
Dinsdag 5 Mei 2026
Nicolette begin dink ’n mens se drome kan dalk verander. Naomi is verbaas en bekommerd oor vriende se oorhaastige toekomsplanne, en Thalia ontvang ’n ontstellende stemboodskap.
Woensdag 6 Mei 2026
Joe en Uys word oor die vingers getik, en die spanning in Ongevalle neem toe. Thalia word weer by die diep kant ingegooi, en Tracy voel dinge beweeg te vinnig.
Donderdag 7 Mei 2026
Tertius vertel vir Joe van sy besluit en Binneland Stereo versprei die nuus. Thalia probeer haar bes om ’n veeleisende dokter tevrede te stel, en ’n nuwe locum daag op – tot Ella se frustrasie.
Vrydag 8 Mei 2026
Thalia word oor die vingers getik, ’n gevaarlike pasiënt soek behandeling en Ella en Katryn moet hom help, en Uys dink Nicolette kort ’n wegbreek. Thalia oorweeg Louis se aanbod.
Maandag 11 Mei 2026
Tracy en Tertius sit steeds vas oor Tonik, Nicolette se staking van die chirurgie-kusus bring haar tot ander insigte, en Ella is agterdogtig oor Tertius se motiewe. Katryn se identiteit word onthul.
Dinsdag 12 Mei 2026
Uys en Nicolette arriveer in Buffelsbaai, Katryn trek by Louis-hulle in, en Tracy het ’n nuwe voorstel vir Tertius.
Woensdag 13 Mei 2026
Nicolette en Uys leer mekaar beter ken, en Tracy lei Tertius in ’n lokval. Skinderstories laat Katryn tot ’n skokbesef kom.
Donderdag 14 Mei 2026
Uys en Nicolette is verlief en geniet hulle vakansie, totdat gaste onverwags opdaag. Katryn hou Ella fyn dop, en Tracy pak by Naomi af.
Vrydag 15 Mei 2026
Nicolette stem teen haar sin in dat hulle gaste aanbly, Katryn erken aan Johan dat sy weet wie Ella is, en Tracy neem ’n besluit oor Tonik en Australië.
Maandag 18 Mei 2026
Conrad se dreigemente skok Tracy en Tertius, Nicolette is woedend wanneer sy gedwing word om te jok, en Katryn is spyt oor haar impulsiewe besluit.
Dinsdag 19 Mei 2026
’n Onskuldige opmerking laat Nicolette wonder, Katryn het gemengde gevoelens oor Ella, en dit lyk asof Tertius en Tracy se huwelik finaal op die rotse is.
Woensdag 20 Mei 2026
Tertius en Joe se aand by Doepa het ernstige nagevolge. Ella plaas al meer druk op Johan vir die bestuurspos by Ongevalle, en sy is geskok wanneer hy Katryn se ware identiteit onthul.
Donderdag 21 Mei 2026
Tertius vertrek binnekort, een van Uys en Nicolette se gaste sien iets wat sy nie moes nie, en Ella sê die verkeerde ding vir iemand.
Vrydag 22 Mei 2026
Ten spyte van haar persoonlike geluk, slaag Nicolette daarin om iemand na aan haar baie seer te maak. Ella glo vas ’n kollega beplan haar ondergang, en Joe is opgewonde oor ’n moontlike geleentheid.
Maandag 25 Mei 2026
Annetjie het vrae vir Tracy en Tracy neem dit verkeerd op, Ella probeer Johan oorreed dat Katryn duistere motiewe het, en Hannah hoor Petro help Uys met ’n geskenk.
Dinsdag 26 Mei 2026
Tracy vind geselskap by Conrad, iemand verklap ’n katastrofiese misvertand aan Uys, en Katryn kies Ella se kant.
Woensdag 27 Mei 2026
Katryn bevraagteken Ella se weergawe van die gesprek met haar ma, Annetjie se poging om Tracy te help, lei amper tot ’n tragedie, en Uys wonder of hy Nicolette moet vra om te trou.
Donderdag 28 Mei 2026
Thalia is bekommerd dat dinge te veel raak vir Tracy, Katryn ontvang ’n oproep vanuit Kanada, en Nicolette speel middelmannetjie.
Vrydag 29 Mei 2026
Henry vat Katryn vas oor haar aantuigings teenoor Ella, Tracy voel eensaam met Tertius wat oorsee is, en Conrad wil so gou moontlik terugkom Pretoria toe.
Nuwe episodes van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Daar is ook elke aand ’n herhaling van die episode om 23:30, asook Dinsdag tot Vrydag om 08:30.
Episodes van die vorige seisoen van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 22:00 op kykNET&kie. (DStv-kanaal 145) uitgesaai, met herhalings van dié episode om 01:00 die volgende dag. Daar is ook ’n omnibus van die week se episodes op ’n Saterdag om 10:30.