Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Binnelanders kan verwag.
Maandag 1 Junie 2026
Thalia staar ’n nuwe uitdaging in die gesig by die werk, Katryn kry bewyse van Ella se ontrouheid, en Tracy en Tertius stamp koppe oor Leah. Binneland se aandeelhouers neem ’n besluit oor ’n mede-hoofpos by Ongevalle.
Dinsdag 2 Junie 2026
Dewald weier om tou op te gooi, Uys neem iets waar wat hom ongemaklik laat voel, en Joe word behoorlik by die diep kant ingegooi.
Woensdag 3 Junie 2026
Thalia probeer ontken dat die nuwe dokter by Binneland haar fassineer, Tracy sit uiteindelik haar voet neer oor haar en Leah, en Hannah verwag iets van Nicolette wat byna onmoontlik is.
Donderdag 4 Junie 2026
Ella voel skuldig dat sy Tracy misbruik, maar Johan oorreed haar sy doen niks verkeerd nie. Dewald ontmoet vir Liv en is gegooi wanneer sy nie vir sy sjarme val nie. Uys besef hoe moeilik dit vir Nicolette is om nie te opereer nie.
Vrydag 5 Junie 2026
Conrad lê ’n idee aan Binneland se raad voor, maar Johan het sy bedenkinge. Nicolette besef hoe baie sy die teater gemis het, en Dewald dink Henry vertrou hom nie.
Maandag 8 Junie 2026
Ella en Johan probeer om Conrad se projek te vertraag, en Hannah raak effe jaloers op Uys en Nicolette se verhouding. Nicolette se vrees vir die teater word besweer en sy kry ’n ander werksaanbod.
Dinsdag 9 Junie 2026
Conrad probeer om die druk op Tracy te verlig, maar sy is nie gelukkig daarmee nie. Nicolette is onseker oor die nuwe werksaanbod, en Johan raak al meer oorgehaal om Conrad se projek in die wiele te ry.
Woensdag 10 Junie 2026
At kry ’n onverwagse besoeker op die plaas, Liv ontdek iets in Dewald se sluitkas wat haar prikkel, en Uys besluit om oop kaarte met Nicolette te speel oor haar werksaanbod.
Donderdag 11 Junie 2026
Tracy en Conrad gaan plaas toe, en At erken hy voel onrustig oor Conrad se projek. Nicolette stel voor dat Uys saam met haar weggaan, en dit blyk asof Dewald en Liv beter oor die weg begin kom, maar sy het ander planne.
Vrydag 12 Junie 2026
Nicolette neem ’n besluit oor haar toekoms, Dewald kry ’n smakie van sy eie medisyne, en Joe en Ella verklaar ’n voorlopige skietstilstand. At sê vir Conrad hy speel met vuur.
Maandag 15 Junie 2026
Hannah se hart is gebreek wanneer sy van Nicolette se planne uitvind, Dewald gryp die kans aan om Liv te saboteer, en At konfonteer Conrad oor sy vriendskap met Tracy.
Dinsdag 16 Junie 2026
Beide Thalia en Liv is woedend vir Dewald en dring daarop aan dat hy dinge regstel, Johan gaan sien At op die plaas, en Binneland groet (vir eers) ’n bekwame jong dokter.
Woensdag 17 Junie 2026
At en Conrad stamp koppe oor Johan, Hannah probeer om Uys op te beur, en Dewald vra uiteindelik om verskoning.
Donderdag 18 Junie 2026
Johan Matthys se ware identiteit word aan die raad onthul, en Ella gee voor sy het nie geweet nie. Liv en Dewald maak tentatief vrede, en Thalia is verbaas om van Dewald se skulderkenning te hoor.
Vrydag 19 Junie 2026
Dewald neem ’n groot besluit oor sy mentor, en Thalia weet van ’n vriend wat romanties in Bonnie belangstel. Tracy wil nie vir Tertius van Conrad vertel nie.
Maandag 22 Junie 2026
Bonnie en ’n pasiënt se vriendskap groei en hy vertel haar van ’n webwerf waarop hy sy lewensverhaal gedeel het. Johan deel iets met Tertius wat Tracy sprakeloos laat.
Dinsdag 23 Junie 2026
Beide Conrad en Johan probeer om vir oulaas raadslede oor die projek te oorreed, Bonnie stuur ’n boodskap op ’n aanlyn-kletskamer, en Henry neem ’n besluit wat Dewald se toekoms betref.
Woensdag 24 Junie 2026
Terwyl dit lyk asof alles vir Conrad begin skeefloop, kry At meer vertroue in Johan. Henry kom tot nuwe insigte, en Bonnie sukkel om opgewonde te raak oor ’n romantiese afspraak.
Donderdag 25 Junie 2026
Daar blyk nie ’n einde te wees aan die groot besluite wat Tracy neem nie, en Bonnie is onbewus van die feit dat die vriend met wie sy aanlyn gesels, gevoelens vir haar begin ontwikkel.
Vrydag 26 Junie 2026
Uys raak bekommerd wanneer hy nie vir Nicolette in die hande kry nie, Thalia maak die deur vir ’n onverwagse besoeker oop, en Hannah se slegte bui laat almal kop krap.
Maandag 29 Junie 2026
Louis en Naomi raak al meer bekommerd oor Hannah se gedrag, en Hannah wil net met Nicolette praat, maar niemand kry haar in die hande nie.
Dinsdag 30 Junie 2026
Le Roux word by Binneland opgeneem en kry ’n onverwagse diagnose. Hannah erken uiteindelik aan Naomi wat haar pla, en Bonnie vertel vir “Surferdude” sy oorweeg dit om saam met ’n vriend op ’n romantiese afspraak te gaan.
Nuwe episodes word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (kanaal 144) uitgesaai. Daar is ook elke aand ’n herhaling van die episode om 23:30, asook Dinsdag tot Vrydag om 08:30 soggens.
Episodes van die vorige seisoen word vanaf Maandag tot Vrydag om 22:00 op kykNET&kie (kanaal 145) uitgesaai, met herhalings van dié episode om 01:00 die volgende dag. Daar is ook ’n omnibus van die week se episodes op ’n Saterdag om 10:30 soggens.
Let wel: Met die sluiting van Showmax, is vorige seisoene van Binnelanders nou op DStv Stream beskikbaar.