Menu terloops
In Kykgidse [25 Mar 2026]

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir April 2026


Uys is bekommerd oor Nicolette se gesondheid en iets gebeur wat Elise se drome te verpletter. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Deur Redaksie

Kyk 'Binnelanders' op DStv Stream

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir April 2026

Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Binnelanders kan verwag.

Woensdag 1 April 2026

Die vreugde van ’n hereniging word vertroebel deur die vermoede dat die volle waarheid nog verskuil word. Elise beraam ’n plan om Petro uit ’n penarie te kry, en rugstekery in Ongevalle loop uit op ‘n reuse-uitval. 

Donderdag 2 April 2026

Tertius vind uit van Tracy se afspraak, Petro wil ’n sekere borsspeld terughê, en Hannah is alles behalwe oukei. 

Vrydag 3 April 2026

Annetjie is op die oorlogspad, Ella voel al meer skuldig oor haar nuwe aanstelling, en Joe besluit hy is klaar met Elise se sessies. Tracy maak ’n moeilike bekentenis aan Tertius.

Maandag 6 April 2026

Alles keer weer terug na normaal in die Koster-huishouding, maar dan kom daar ’n oproep deur. Elise deel ’n laaste stukkie wysheid met Joe, en Tertius neem ’n finale besluit.

Dinsdag 7 April 2026

Thalia is onseker oor haar toekoms by Tonik, Rudolf arriveer met ontstellende nuus, en Annetjie probeer ’n plan beraam om ondersteuning vir haar en Noami by die werk te kry.

Woensdag 8 April 2026

Thalia is opgewonde wanneer sy uitvind LJ is terug in Pretoria, Louis hou van Annetjie se nuutste voorstel, en Rudolf verstaan nie hoekom Nicolette en Uys so hardkoppig is nie.

Donderdag 9 April 2026

Bonnie se planne loop skeef, Nicolette ervaar vreemde simptome, en Thalia konfronteer vir LJ. Tracy raak al meer bekommerd oor haar huwelik.

Vrydag 10 April 2026

Henry ontdek LJ se geheim en Ella is woedend, Bonnie word voor ’n moeilike keuse gestel, en Nicolette is steeds onseker oor wat haar makeer.

Maandag 13 April 2026

Ella probeer tot LJ deurdring, Nicolette glo, ten spyte van Uys se vermanings, dat haar probleem vanself sal verbeter, en Thalia is gereed vir groter uitdagings.

Dinsdag 14 April 2026

Uys wil Nicolette ondersteun, maar sy is bitter bang. Ella en Henry plaas druk op LJ om werk te soek, en Elise doen iets wat Bonnie in trane laat.

Woensdag 15 April 2026

Ella probeer tough love, maar dit het nie die gewenste uitwerking nie. Elise bied aan om Bonnie deur ’n persoonlike krisis te help, en Nicolette se eie vrese verhoed dat sy ’n familielid kan bystaan.

Donderdag 16 April 2026

Thalia moedig LJ aan om weer te begin skryf, Nicolette maak ’n afspraak by Hugo Vos, en Naomi vind uit waarmee Elise besig is.

Vrydag 17 April 2026

Annetjie is beïndruk met Elise se vordering, en Thalia probeer ’n versoening bemiddel. Alles raak te veel vir Nicolette en sy verloor beheer.

Maandag 20 April 2026

Rudolf se vrese oor Nicolette se gesondheid lei tot konflik met Uys, Naomi ontvang ’n ontstellende oproep vanaf die polisiestasie, en Elise neem inisiatief.

Dinsdag 21 April 2026 

LJ is op ’n donker plek en Thalia beveel hom aan om homself reg te ruk, Uys weet nie hoe om vir Nicolette te help nie, en Petro is bekommerd oor Bonnie.

Woensdag 22 April 2026

Bonnie is nie gereed om op haar en Elton se verhouding op te gee nie, LJ meld aan vir opleiding, en Nicolette begin die werklikheid in die gesig staar.

Donderdag 23 April 2026

Uys en Nicolette is in die sewende hemel, Thalia gaan vir ’n werksonderhoud, en Naomi is nie gaande oor Elise se projek nie en Annetjie sien dit raak.

Vrydag 24 April 2026

Uys is vasberade om uit te vind wat die oorspong van Nicolette se simptome is. Bonnie vind uit Binneland se bestuur wil haar help om ’n ‘droom’ te verwesenlik, en Thalia is uiteindelik eerlik met LJ.

Maandag 27 April 2026

Elise se drome word verpletter, LJ se ma spook steeds by hom, en Uys kry nuwe hoop deur ’n e-pos. Tracy voel Thalia het haar verraai.

Dinsdag 28 April 2026

Uys neem Nicolette onder kruisverhoor om ’n moontlike diagnose te toets, Joe ruik lont wanneer LJ sukkel om opdragte uit te voer, en Elise verras Tracy met haar insig.

Woensdag 29 April 2026

Nicolette skryf haar eksamen, maar kry slegte nuus. Dinge tussen Thalia en LJ is finaal verby, en Tertius keer terug Pretoria toe en vang Tracy onkant.

Donderdag 30 April 2026

LJ neem ’n drastiese besluit in ’n poging om sy lewe weer op koers te kry, Nicolette se loopbaan is in gedrang, en die atmosfeer tussen Tertius en Tracy is gespanne.


Nuwe episodes van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Daar is ook elke aand ’n herhaling van die episode om 23:30, asook Dinsdag tot Vrydag om 08:30. 

Episodes van die vorige seisoen van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 22:00 op kykNET&kie. (DStv-kanaal 145) uitgesaai, met herhalings van dié episode om 01:00 die volgende dag. Daar is ook ’n omnibus van die week se episodes op ’n Saterdag om 10:30. 

Seisoene 8-14 van Binnelanders is op Showmax beskikbaar. Die huidige seisoen is nie beskikbaar op die plaaslike weergawe van dié diens nie.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
30

30 Afrikaanse flieks wat jy vir oulaas op Showmax kan kyk

Met Showmax se dae getel, gaan ons binnekort ’n groot gros Afrikaanse speelfilms, kortprente, reekse en dokkies op dié plaaslike stroomdiens moet groet. Maak dus ’n plan om vir oulaas een van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax te kyk.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Maart 2026

Daar is ’n meer-as-vriendskap-vonk tussen Uys en Nicolette en as Hannah verdwyn, is almal op hol. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir Maart 2026

Rhafiek kry skokkende nuus wat die Samsodiens verpletter en Zoë en Angie begrawe – skynbaar – die strydbyl... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in Maart kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies