Menu terloops
In Sepies [29 Sep 2025]

Jou ‘Binnelanders’-gids vir Oktober 2025


Delia keer terug en is op die oorlogspad, terwyl Louis ’n deurbraak met Hannah maak. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Kyk 'Binnelanders' op DStv Stream

Jou ‘Binnelanders’-gids vir Oktober 2025

Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Binnelanders kan verwag.

Woensdag 1 Oktober  

Thalia het haar bedenkinge oor Le Roux, en Max en Joe het ’n onderonsie. Hannah sorg vir chaos, en Elise kry die idee dat Annetjie haar vermy. 

Donderdag 2 Oktober 

Nicolette is ontsteld wanneer sy uitvind wie die Thomas-familie as prokureur aangestel het. Naomi wil Hannah teen nog ’n teleurstelling beskerm, en Le Roux maak ’n plan om Thalia tot ander insigte te bring.

Vrydag 3 Oktober 

Elise is oorgehaal om met Annetjie te praat, Naomi reël ’n kuier tuseen Hannah en haar boetie, maar Hannah stel nie belang nie. Anya is bekommerd oor Joe wanneer sy pasiënt sterf.

Maandag 6 Oktober 

Rudolf se teenwoordigheid plaas Nicolette in ’n moeilike situasie, en Tertius is gefrustreerd wanneer hy meer inligting oor die dood van ’n pasiënt bekom.

Dinsdag 7 Oktober 

Jess probeer Petro oortuig dat Joe onskuldig is, Ella word oor ’n pasiënt se dood ondervra, en Elise oorreed Uys om haar te help om Annetjie se woonstel op te ruim.

Woensdag 8 Oktober 

Nicolette bak self ’n poets vir Hannah, Elise pak die bul daadwerklik by die horings, en Rudolf se ondersoek slaan ’n onverwagsse koers in.

Donderdag 9 Oktober

Elise en Uys raak toenemend bekommerd oor Annetjie se gemoedstoestand, Joe voel sy verhouding met Max is besig om uitmekaar te val, en Anya probeer hom troos.

Vrydag 10 Oktober 

Die spanning rondom Rudolf se ondersoek loop hoog, Hannah gaan sien ’n sielkundige, en Anya en Joe se vriendskap blom. Elise is vasbeslote om Annetjie van haar ‘opgaarsiekte’ te help genees.

Maandag 13 Oktober 

Annetjie maak haar hart teenoor Elise oop, Joe raak paniekerig oor sy opsies, en Louis het ’n voorstel wanneer Hannah se eerste skooldag aanbreek. 

Dinsdag 14 Oktober 

Net wanneer Naomi dink dit gaan beter met Hannah, ontdek sy dat Hannah by die skool weggeloop het, en Rudolf vermoed onraad wanneer sekere dokumente aan die lig gebring word.

Woensdag 15 Oktober 

Rudolf verras vir Nicolette, Elise beraam planne om van Annetjie se erfgoed ontslae te raak, en Louis se vermoedens oor Hannah word deur die skool bevestig.

Donderdag 16 Oktober

Anya besluit om die waarheid met Joe te deel, Louis maak ’n deurbraak met Hannah, en Annetjie bereik ’n belangrike keerpunt.

Vrydag 17 Oktober 

Joe konfronteer vir Max, Nicolette praat Hannah moed in, en Uys oorreed Annetjie om haar susterskind te kontak. Rudolf en Nicolette is op ’n goeie plek in hulle verhouding.

Maandag 20 Oktober 

Naomi en Louis deel slegte nuus met Hannah, Uys ontdek ’n uitnodiging tussen Annetjie se goed, en ’n staking by Binneland veroorsaak chaos. 

Dinsdag 21 Oktober 

Die raadslede is op hul hoede oor Delia se terugkeer, en Thalia en Le Roux se verhouding blom. Conrad loop hom vas in ’n reeks probleme, en Delia dreig om Amor te ontmasker.

Woensdag 22 Oktober 

Amor reël ’n vergadering tussen Delia en Johan, Annetjie besluit om ’n reünie by te woon, Louis en Naomi is ontsteld oor Hannah se vertrek, en Nicolette deel nuus met Tertius rakende Tracy.

Donderdag 23 Oktober 

Amor is onseker oor Delia se agenda en vrees dat sy haar gaan ontbloot, Louis en Naomi berei hulle voor om van Hannah afskeid te neem, en Bonnie is nuuskierig oor Annetjie se reünie.

Vrydag 24 Oktober 

Johan voer iets in die mou, en Amor vertrou steeds nie vir Delia nie. LJ is terug en kry ’n koue ontvangs van Thalia, en Naomi word deur Hannah verras.

Maandag 27 Oktober 

LJ besef hy het ’n reuse fout gemaak deur Thalia te verloor, At is geskok wanneer Conrad groot nuus met hom deel, en Nicolette is van vooraf bekommerd oor Tertius se gemoedstoestand.

Dinsdag 28 Oktober 

Conrad stel Johan aan die Binnelanders voor, Nicolette neem die leisels oor wanneer Naomi haar verras met nuus oor Tracy, en LJ se vriend, Jamie, het groot planne vir Garage Pie.

Woensdag 29 Oktober 

 LJ ontstel vir Thalia, en Rentia het die kat aan die stert beet rakende Tracy. Ella weerhou inligting van Henry, en Delia rig haar visier op Conrad. 

Donderdag 30 Oktober 

Ella wil meer weet oor Johan se betrokkenheid by Binneland, Delia rig weer haar visier, hierdie keer op Southern Hope, en LJ en Le Roux loop mekaar raak. 

Vrydag 31 Oktober 

Henry en Conrad stamp alweer koppe, Delia is op die oorlogspad, en Thalia wil nie vir Louis van haar en Le Roux vertel nie. Tracy word wakker! 


Nuwe episodes van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Daar is ook elke aand ’n herhaling van die episode om 23:30, asook Dinsdag tot Vrydag om 08:30. 

Episodes van die vorige seisoen van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 22:00 op kykNET&kie. (DStv-kanaal 145) uitgesaai, met herhalings van dié episode om 01:00 die volgende dag. Daar is ook ’n omnibus van die week se episodes op ’n Saterdag om 10:30. 

Seisoene 8-14 van Binnelanders is op Showmax beskikbaar. Die huidige seisoen is nie beskikbaar op die plaaslike weergawe van dié diens nie.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies