Menu terloops
In Kykgidse [24 Jun 2026]

Jou ‘Binnelanders’-gids vir Julie 2026


Bonnie gaan daar ’n wipwarit van emosies, terwyl Joe met sy identiteit worstel. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Deur Redaksie

Kyk 'Binnelanders' op DStv Stream

Jou ‘Binnelanders’-gids vir Julie 2026

Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Binnelanders kan verwag.

Woensdag 1 Julie 2026                                          

Kristin oorweeg dit om Le Roux se biologiese ma te kontak. Naomi is bekommerd dat Hannah weer gaan wegloop, en Thalia waarsku Bonnie om nie met mans se gevoelens te mors nie.

Donderdag 2 Julie 2026            

Luke sukkel om Bonnie se moontlike nuwe verhouding te aanvaar, die spanning loop hoog wanneer Le Roux se biologiese ma en aanneem-ma mekaar konfronteer, en Hannah speel uiteindelik oop kaarte met Naomi.

Vrydag 3 Julie 2026

Kristin besef uiteindelik hoe ernstig Le Roux se toestand is. Bonnie is briesend vir Luke en trap hom uit. Jackie se selfoon lui, en Joe kry die verrassing van sy lewe. 

Maandag 6 Julie 2026                                                

Joe neem ’n potensieel lewensveranderende besluit. ’n Telefoonoproep plaas Louis en Naomi in ’n moeilike situasie, en Bonnie speel onbewustelik met ’n gawe ou se gevoelens.

Dinsdag 7 Julie 2026                                        

Annetjie se groot dag breek aan, Naomi maak kontak met Jackie, en Thalia word met ’n vreemde versoek gekonfronteer. 

Woensdag 8 Julie 2026                                                  

Bonnie is vasberade om “Surferdude” in lewende lywe te ontmoet. Joe besluit om sy moontlike verwantskap aan iemand te bevestig, en Naomi moet oop kaarte met Louis speel wanneer sy besluit om sake in eie hande te neem. 

Donderdag 9 Julie 2026                      

Naomi probeer om Hannah se vrese oor haar ma te besweer. Thalia ontdek “Surferdude” se ware identiteit, en Joe ontvang die DNS-toets se uitslae.

Vrydag 10 Julie 2026

Joe beskuldig Anya daarvan dat ’n sekere Binneland-pasiënt ’n ander man se kind is. Jess ontvang groot nuus, en Bonnie sien ’n weerlose kant van Luke.

Maandag 13 Julie 2026                                          

“Surferdude” verklap byna sy ware identiteit, en Bonnie ruik ’n rot. Jackie wil haar lewe met Naomi se ondersteuning regruk, en Le Roux se identiteit lei tot skok en verwarring.

Dinsdag 14 Julie 2026                                          

Joe dink daar word te veel druk op Jess geplaas, en Bonnie voel verraai. Louis is bereid om Jackie nog ’n kans te gee, maar daar is voorwaardes. 

Woensdag 15 Julie 2026                          

In sy desperaatheid, neem Joe ’n baie gevaarlike stap, Naomi se goedhartigheid beïnvloed uiteindelik haar man, en Bonnie is vasberade om ’n vriend uit haar lewe te sny.

Donderdag 16 Julie 2026                            

Joe gryp na gevaarlike strooihalms om sy ma op te spoor, Louis probeer ’n nuwe werknemer se teenwoordigheid wegsteek, en Bonnie is ’n warboel van emosies. 

Vrydag 17 Julie 2026

Thalia konfronteer Luke oor Bonnie, Petro is bekommerd oor Joe en ’n sekere gevaarlike man se voorwaardes, en Louis maak sy hart teenoor Uys oop. 

Maandag 20 Julie 2026                                    

Joe vind ’n manier om sy ma op te spoor, Bonnie besluit om weer by ’n pasiënt in te loer, en Louis begin nuwe respek vir Jackie ontwikkel ná ’n insident by Mimi’s. 

Dinsdag 21 Julie 2026                      

Joe worstel met sy identiteit, en Petro probeer hom bystaan. Luke is smoorverlief, Hannah wil haar ma sien, en Uys en Jackie ontmoet mekaar.

Woensdag 22 Julie 2026                        

Ella is hoogs ontsteld wanneer sy dreigende e-posse ontvang, en Tracy begin wonder of sy dalk op iets uitmis, Brian tree vir Jackie in die bresse, en Petro ondersteun vir Joe. 

Donderdag 23 Julie 2026            

Ella word geteister deur iemand wat klaarblyklik heelwat oor haar verlede weet, Louis moet ’n groot fout regstel, en die uitdagings wat Tracy in die gesig staar, word nie minder nie.

Vrydag 24 Julie 2026

Tertius bied aan om Tracy uit ’n finansiële verknorsing te red, Jackie sukkel om te verwerk dat sy nie meer deel van Hannah se lewe is nie, en Frieda du Pont stel haarself aan Henry voor.

Maandag 27 Julie 2026                                

Tracy is bekommerd oor hoe sy Tonik se opgraderings gaan finansier, Bonnie voel toenemend sieker by die werk, maar Ella weier dat sy huis toe gaan. Frieda stel ’n ultimatum aan ’n sekere dokter. 

Dinsdag 28 Julie 2026                  

Ella is in ’n tweestryd oor ’n dreigement, Jackie maak weer haar opwagting, en Uys hoor van nóg pasiënte wat wondinfeksies by Binneland opgedoen het. 

Woensdag 29 Julie 2026                        

Frieda konfronteer ’n dokter in die gang, en Henry sien dit. Tracy is opgewonde om saam met ’n moontlike nuwe vennoot te werk, en Petro dink Joe skeep haar af. 

Donderdag 30 Julie 2026              

Petro voel gefrustreerd oor haar verhouding met Joe, Louis help vir Tracy, en Ella, Johan en Henry onderskat ’n infeksieprobleem wat dreig om handuit te ruk.

Vrydag 31 Julie 2026

Tracy kry amptelik ’n nuwe besigheidsvennoot, en Thalia se planne met Dewald loop skeef. Die net om Ella trek al stywer en sy neem ’n paar drastiese besluite. 


Nuwe episodes word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (kanaal 144) uitgesaai. Daar is ook elke aand ’n herhaling van die episode om 23:30, asook Dinsdag tot Vrydag om 08:30 soggens.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies