Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Binnelanders kan verwag.
Donderdag 1 Januarie 2026
Almal is op hol wanneer Hannah verdwyn, Johan beraam planne om homself te beveilig, en die bron maak weer kontak.
Vrydag 2 Januarie 2026
Louis moet Naomi oortuig dat hulle die regte besluit rakende Hannah neem. Bonnie is ontsteld wanneer sy uitvind dat Elton binnekort vertrek, en iemand probeer om Petro valslik te beskuldig.
Maandag 5 Januarie 2026
Petro besef Joe gee meer om vir Anya as wat hy voorgee. Elton en Bonnie is dolverlief, maar besef ook hulle tyd saam raak min. Jackie maak ’n skokkende onthulling aan Naomi.
Dinsdag 6 Januarie 2026
Elton se verrassing stel Bonnie teleur, Jackie verdwyn weer, en Petro wil weet of Joe gevoelens vir Anya koester. Die bron verbreek alle kontak.
Woensdag 7 Januarie 2026
Bonnie wil Johannesburg toe trek, Naomi besef daar is baie min tyd oor voor die skole begin, en Petro wil met alle mag en krag uitvind wie haar skuldig laat lyk.
Donderdag 8 Januarie 2026
Uys se aandjie uit speel heeltemal anders af as wat hy verwag het. Bonnie blom wanneer sy ’n heerlike verrassing ontvang, en Naomi is agterdogtig oor Mercia se nuwe tuis-besigheid.
Vrydag 9 Januarie 2026
Uys is in ’n toestand ná ’n ongeluk, veral wanneer ’n meisie ernstig beseer is en as Jane Doe verklaar word. Louis en Naomi stamp koppe oor Mercia, en Hannah is traag om terug te gaan skool toe.
Maandag 12 Januarie 2026
Jane Doe word wakker, maar sy tree vreemd op. Mercia word deur die Eikehof-bestuur ingeroep, en beide Thalia en Petro wil saam met Bonnie intrek, maar die woonstel is te klein.
Dinsdag 13 Januarie 2026
Louis word deur Eikehof se administrateur ontbied. Joe is ongelukkig wanneer hy uitvind Bonnie en kie gaan by Kiepersol intrek, en die situasie rondom Jane Doe word al hoe vreemder.
Woensdag 14 Januarie 2026
Mercia en Eikehof se bestuur stamp koppe, ’n foto laat Nicolette wonder oor Jane Doe, en Joe probeer vergeefs uitreik na Petro. Kiepersol kry nuwe inwoners.

Donderdag 15 Januarie 2026
Bonnie en kie het groot planne, Hannah wil hê Mercia moet teruggaan Eikehof toe, en Nicolette begin wonder of Jane Doe jok.
Vrydag 16 Januarie 2026
Joe bevind homself in ’n ongemaklike situasie weens die verkeerde raad van ’n vriendin, en dit wil voorkom asof Uys meer betrokke raak by ’n pasiënt as wat professionaliteit vereis.
Maandag 19 Januarie 2026
Bonnie en haar woonstelmaats ontdek dat om saam te bly nie altyd maanskyn en rose gaan wees nie, en Uys en Nicolette stamp koppe oor Jane Doe.
Dinsdag 20 Januarie 2026
Henry, Uys en Nicolette het ’n stryd om Jane Doe se nuutgevonde identiteit stil te hou, en Francie onthul die waarheid oor haar allergiese reaksie.
Woensdag 21 Januarie 2026
Thalia het ’n appeltjie met Bonnie te skil, Louis se plan om Francie en Mercia te versoen, blaas in sy gesig op, en Mieke is nie mal oor Nicolette nie.
Donderdag 22 Januarie 2026
Probleme met Bonnie en kie eskaleer, Mercia glo die oorlog tussen haar en Francie begin in haar guns swaai, en Nicolette se vermoedens oor Mieke raak senutergend.
Vrydag 23 Januarie 2026
Petro is moeg vir haar woonstelmaats se bakleiery, en Nicolette probeer vasstel wat Mieke ontstel het. Louis vind uit hoekom Mercia hom van Eikehof wou weghou.
Maandag 26 Januarie 2026
Nicolette se toenemende agterdog veroorsaak spanning tussen haar en Uys, Mercia keer terug na Eikehof, en Petro het genoeg gehad van Thalia en Bonnie se rusies.
Dinsdag 27 Januarie 2026
Bonnie kry slegte nuus, Louis vind uit Mercia het sy selfoonnommer aan vreemdes uitgedeel, en Uys is senuweeagtig om alleen saam met Mieke te wees.
Woensdag 28 Januarie 2026
’n Vriendskap wat op die rotse was, word herstel, Louis kry ’n antwoord oor hoekom Mercia se elektrisitietsrekening so hoog is, en ’n pasiënt se identiteit word geïdentifiseer.
Donderdag 29 Januarie 2026
Mieke voel al meer in ’n hoek gedruk oor haar misterieuse verlede, Bonnie en kie besluit om ’n daknatmaak te hou, en Ella kry druk van Henry en Annetjie om van haar leë woonstel ontslae te raak.
Vrydag 30 Januarie 2026
Die wrywing tussen Ella en Henry vererger, Joe wil meer as net vriende met ’n vriendin wees, maar hy kan dit nie vir haar sê nie, en Nicolette begin om met ander oë na Uys te kyk.
Nuwe episodes van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Daar is ook elke aand ’n herhaling van die episode om 23:30, asook Dinsdag tot Vrydag om 08:30.
Episodes van die vorige seisoen van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 22:00 op kykNET&kie. (DStv-kanaal 145) uitgesaai, met herhalings van dié episode om 01:00 die volgende dag. Daar is ook ’n omnibus van die week se episodes op ’n Saterdag om 10:30.
Seisoene 8-14 van Binnelanders is op Showmax beskikbaar. Die huidige seisoen is nie beskikbaar op die plaaslike weergawe van dié diens nie.