Menu terloops

In Treatment S1-4

Op Showmax [Gepubliseer op 10 Jan 2022]


In elke episode van dié hoogaangeskrewe dramareeks, word die psige van een van die terapeut dr. Brooke Taylor (Uzo Abuda) se pasiënte in oënskou geneem.

Kyk nou

In Treatment S1-4
Kyk lokprent

Meer as ’n dekade na die derde seisoen van die bekroonde drama, vertolk die Emmy-wenner Uzo Aduba (Mrs. America, Orange Is The New Black) die empatiese terapeut dr. Brooke Taylor, wat by die eerste drie seisoene se Gabriel Byrne as dr. Paul Weston oorneem.

Die eerste seisoen is in 2008 uitgesaai en het gedraai om Weston, ’n psigiator wat sy eie vermoëns en motiewe begin bevraagteken en hulp soek by sy voormalige mentor en terapeut Gina Toll.

Vir die vierde seisoen van In Treatment is die uitmuntende Aduba benoem vir ’n 2021-Emmy as beste aktrise. Soos Variety sê, is Aduba “bewys as een van die noodsaaklike akteurs van die 21ste eeu.”

Die Aduba-geleide weergawe het ‘n 95% kritici-gradering op Rotten Tomatoes en is as een van die beste TV-programme in 2021 beskryf. 

Kyk al vier seisoene op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies