Menu terloops

In Treatment S1-4

Op Showmax [Gepubliseer op 10 Jan 2022]


In elke episode van dié hoogaangeskrewe dramareeks, word die psige van een van die terapeut dr. Brooke Taylor (Uzo Abuda) se pasiënte in oënskou geneem.

Kyk nou

In Treatment S1-4
Kyk lokprent

Meer as ’n dekade na die derde seisoen van die bekroonde drama, vertolk die Emmy-wenner Uzo Aduba (Mrs. America, Orange Is The New Black) die empatiese terapeut dr. Brooke Taylor, wat by die eerste drie seisoene se Gabriel Byrne as dr. Paul Weston oorneem.

Die eerste seisoen is in 2008 uitgesaai en het gedraai om Weston, ’n psigiator wat sy eie vermoëns en motiewe begin bevraagteken en hulp soek by sy voormalige mentor en terapeut Gina Toll.

Vir die vierde seisoen van In Treatment is die uitmuntende Aduba benoem vir ’n 2021-Emmy as beste aktrise. Soos Variety sê, is Aduba “bewys as een van die noodsaaklike akteurs van die 21ste eeu.”

Die Aduba-geleide weergawe het ‘n 95% kritici-gradering op Rotten Tomatoes en is as een van die beste TV-programme in 2021 beskryf. 

Kyk al vier seisoene op Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Mei 2025

Rachelle woeker met haar slinkse planne om Shani te verneder en die matriekafskeid kom al nader. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

‘Diepe Waters’: Dís die storielyne om in Mei dop te hou

Mei bring nie net nuwe wendings nie, maar ook selfontdekking, groei en opwindende moontlikhede in 'Diepe Waters'.

Meer

Redakteurskeuse vir Mei 2025: ‘Bridget Jones 4’, ‘Die brug S2’, ‘Die nuusmakers’ en meer

Wat om te kyk: 'Die nuusmakers', ’n nuwe Afrikaanse drama wat persoonlike en professionele drama in die nuuskantoor in oënskou bring; die gewilde avontuur-realiteitsreeks 'Die brug' se tweede uittog; Tina Fey in 'The Four Seasons', ’n reeks wat raakvat soos min; en Bridget Jones se vierde fliekavontuur – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Mei 2025

Aline se landerye vat vlam terwyl sy nog sukkel om die plaas se skuld te delg. En dan word sy boonop amper vergiftig! Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Mei. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies