Menu terloops
In Gons [17 Jun 2025]

kykNET se ‘In die sop’ ruk nou gastehuise reg met nuwe aanbieder, Janie du Plessis


kykNET se gewilde werklikheidsreeks ‘In die sop’ trek ’n ander baadjie met ’n splinternuwe aanbieder aan vir die vierde seisoen van die reeks. 

kykNET se ‘In die sop’ ruk nou gastehuise reg met nuwe aanbieder, Janie du Plessis

Die fokus van In die sop verskuif ook van restaurante na gastehuise in en om Kaapstad, in Gauteng en langs die N1-roete.

Raadop met stadige besprekings of keelvol vir klaende gaste? Is jou gastehuis dalk in die sop? Soms is dit net ’n vars kennersoog wat nodig is om jou gastehuis weer winsgewend te maak en te sorg dat gasvryheid weer sy regmatige plek saam met jou gelukkig gaste aan die vol hooftafel inneem. Hierdie is dalk net die reddingsboei wat jy nodig het.

Nuwe aanbieder

Aan die stuur van sake is Janie du Plessis, daardie aanvallige rabbedoe wat in die 80’s as aanbieder van gewilde joernaalprogramme vir jong mense soos Teletien en Graffiti op al wat ’n tydskrifvoorblad gepryk het. Sy was destyds ook saam met Arnold Vosloo te sien in die trefferrolprente Boetie gaan border toe (1984) en Boetie op manoeuvres (1985). 

Oor die afgelope 40 jaar het sy een van die bekendste glanspersoonlikhede op TV geword. Maar dis nie net deftige doe’s, ligte en kameras vir Janie nie. Sy’t ’n goeie sakekop op haar skouers, én sy het deeglike eerstehandse kennis van gastehuise. Die afgelope tien jaar het sy die land deurkruis met haar liefdadigheidswerk, wat haar tot drie keer ’n week in gastehuise laat beland het.

En die span kenners groei

’n Bekende lid van die In die sop-span, Misi Overturf, vorm saam met Griki Lubbe (’n binnenshuise ontwerper in Kaapstad) en Willus Bosch (’n ervare opknapper, interieurkenner en eienaar van Maison Cape Town) die gedugte taakspan. Dié drie gaan beurte maak met hulp aan die gastehuise. Daar sal ook ander kenners deur die loop van die reeks ingespan word. 

In die sop s4 kenners
Misi Overturf (middel) keer terug vir die vierde seisoen, met Griki Lubbe en Willus Bosch wat ook aansluit. Foto’s: Verskaf

Skryf só in

Besoek www.kyknet.tv vir die inskryfvorm of stuur ’n epos na inskryf@indiesop.tv. Inskrywings sluit 31 Julie 2025 en die reeks sal vroeg in 2026 uitgesaai word. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

30

30 Afrikaanse flieks wat jy vir oulaas op Showmax kan kyk

Met Showmax se dae getel, gaan ons binnekort ’n groot gros Afrikaanse speelfilms, kortprente, reekse en dokkies op dié plaaslike stroomdiens moet groet. Maak dus ’n plan om vir oulaas een van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax te kyk.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Maart 2026

Daar is ’n meer-as-vriendskap-vonk tussen Uys en Nicolette en as Hannah verdwyn, is almal op hol. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir Maart 2026

Rhafiek kry skokkende nuus wat die Samsodiens verpletter en Zoë en Angie begrawe – skynbaar – die strydbyl... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in Maart kan uitsien.

Meer
As jy hou van tranetrekkers
13

Wat om te kyk: Die beste tranetrekkers om jou hart te ontdooi

Romanse? Check. Voorspelbaarheid (en tog ook nie). Check. Tranetrekkers? Check.

Meer
Sien alle opsies