Menu terloops
In Gons [17 Jun 2025]

kykNET se ‘In die sop’ ruk nou gastehuise reg met nuwe aanbieder, Janie du Plessis


kykNET se gewilde werklikheidsreeks ‘In die sop’ trek ’n ander baadjie met ’n splinternuwe aanbieder aan vir die vierde seisoen van die reeks. 

kykNET se ‘In die sop’ ruk nou gastehuise reg met nuwe aanbieder, Janie du Plessis

Die fokus van In die sop verskuif ook van restaurante na gastehuise in en om Kaapstad, in Gauteng en langs die N1-roete.

Raadop met stadige besprekings of keelvol vir klaende gaste? Is jou gastehuis dalk in die sop? Soms is dit net ’n vars kennersoog wat nodig is om jou gastehuis weer winsgewend te maak en te sorg dat gasvryheid weer sy regmatige plek saam met jou gelukkig gaste aan die vol hooftafel inneem. Hierdie is dalk net die reddingsboei wat jy nodig het.

Nuwe aanbieder

Aan die stuur van sake is Janie du Plessis, daardie aanvallige rabbedoe wat in die 80’s as aanbieder van gewilde joernaalprogramme vir jong mense soos Teletien en Graffiti op al wat ’n tydskrifvoorblad gepryk het. Sy was destyds ook saam met Arnold Vosloo te sien in die trefferrolprente Boetie gaan border toe (1984) en Boetie op manoeuvres (1985). 

Oor die afgelope 40 jaar het sy een van die bekendste glanspersoonlikhede op TV geword. Maar dis nie net deftige doe’s, ligte en kameras vir Janie nie. Sy’t ’n goeie sakekop op haar skouers, én sy het deeglike eerstehandse kennis van gastehuise. Die afgelope tien jaar het sy die land deurkruis met haar liefdadigheidswerk, wat haar tot drie keer ’n week in gastehuise laat beland het.

En die span kenners groei

’n Bekende lid van die In die sop-span, Misi Overturf, vorm saam met Griki Lubbe (’n binnenshuise ontwerper in Kaapstad) en Willus Bosch (’n ervare opknapper, interieurkenner en eienaar van Maison Cape Town) die gedugte taakspan. Dié drie gaan beurte maak met hulp aan die gastehuise. Daar sal ook ander kenners deur die loop van die reeks ingespan word. 

In die sop s4 kenners
Misi Overturf (middel) keer terug vir die vierde seisoen, met Griki Lubbe en Willus Bosch wat ook aansluit. Foto’s: Verskaf

Skryf só in

Besoek www.kyknet.tv vir die inskryfvorm of stuur ’n epos na inskryf@indiesop.tv. Inskrywings sluit 31 Julie 2025 en die reeks sal vroeg in 2026 uitgesaai word. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies