Menu terloops

Gangs of London S1-2

Op Showmax [Gepubliseer op 10 Apr 2023]


Albei seisoene van goddelose trawante se doen en late in die bekroonde reeks ‘Gangs of London’ is nou op Showmax beskikbaar om te stroom.

Kyk nou

Gangs of London S1-2
Kyk lokprent

Die tweede seisoen van Gangs of London hervat die verhaal sowat ’n jaar ná die dood van die bendebaas Sean Wallace met ’n nuwe, wrede magsorde wat in London heers. . 

Die reeks is deur Gareth Evans en Matt Flannery geskep met onder andere Paapa Essiedu, Lucian Msamati en Michelle Fairley in die rolverdeling. 

In hul vierster-resensie, skryf The Independent só oor die tweede seisoen: “Die plesier van die reeks is deur die jare onveranderd: onberispelike gechoreografeerde vegtonele, ’n vinnige tempo en slim, meesleurende regie met spanning as die kernwoord.”

Gangs of London het ’n punt van 84% op die resensiewebwerf Rotten Tomatoes.

Die volle eerste seisoen is reeds op Showmax beskikbaar met die tweede seisoen wat in weeklikse episodes, vanaf Maandag, 10 April, op Showmax, vrygestel word.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Mei 2025

Rachelle woeker met haar slinkse planne om Shani te verneder en die matriekafskeid kom al nader. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

‘Diepe Waters’: Dís die storielyne om in Mei dop te hou

Mei bring nie net nuwe wendings nie, maar ook selfontdekking, groei en opwindende moontlikhede in 'Diepe Waters'.

Meer

Redakteurskeuse vir Mei 2025: ‘Bridget Jones 4’, ‘Die brug S2’, ‘Die nuusmakers’ en meer

Wat om te kyk: 'Die nuusmakers', ’n nuwe Afrikaanse drama wat persoonlike en professionele drama in die nuuskantoor in oënskou bring; die gewilde avontuur-realiteitsreeks 'Die brug' se tweede uittog; Tina Fey in 'The Four Seasons', ’n reeks wat raakvat soos min; en Bridget Jones se vierde fliekavontuur – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Mei 2025

Aline se landerye vat vlam terwyl sy nog sukkel om die plaas se skuld te delg. En dan word sy boonop amper vergiftig! Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Mei. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies