Menu terloops

Fire Country S1

Op DStv [Gepubliseer op 29 Nov 2022]


‘Fire Country’ is geskep deur die bekroonde vervaardiger Jerry Bruckheimer. Hy is bekend vir sy werk op treffers soos ‘Top Gun’, ‘Top Gun: Maverick’, en die ‘Pirates of the Caribbean’-flieks.

Fire Country S1
Kyk lokprent

Fire Country is ’n nuwe dramareeks wat draai om CalFire, ’n wildernisbrandbestrydingseenheid in Noord-Kalifornië wat uit gevangenes bestaan. Dis ’n ondankbare werk en die risikos is volop, maar dié lot hoop om só hul vonnisse te verkort.

Die hoofkarakter is Bode Donovan (vertolk deur Max Thieriot en sy breë skouers van Seal Team) wat as deel van dié brandbestrydingsprogram na sy tuisdorp gestuur word. Sy ma, Sharon (Diane Farr), is dié dorp se polisiehoof en sy pa, Vince (Billy Burke), staan aan die hoof van die brandweer. Hulle het gemengde gevoelens oor hul seun se terugkeer… Nie dat hy veel van ’n sê het nie. Bode leer egter gou dat om onvoorspelbare veldbrande aan te vat eng konsentrasie, spanwerk en vertroue verg om te oorleef. 

Kyk Fire Country S1 vanaf Dinsdag, 29 November, om 19:00 op M-Net (DStv-kanaal 101). Ook op DStv Online en Catch Up. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies