Menu terloops
In Sepies [1 Apr 2026]

‘Diepe Waters’ is vol verraad, versoening en verliefdheid in April


April is propvol intriges in ‘Diepe Waters’. Hier is vyf storielyne wat kykers vasgenael voor hul kassies gaan hou.

Deur Redaksie

Kyk 'Diepe Waters' op DStv Stream

‘Diepe Waters’ is vol verraad, versoening en verliefdheid in April

Die inwoners van Boskruin sorg altyd vir drama en April is g’n uitsondering in Diepe Waters nie – van ’n hartseer afskeid tot die spannende wedywering tussen die swemmers om in Glasgow te gaan deelneem. Boonop is daar opnuut wrywing tussen Danie en Marco weens die liefdesdriehoek wat tussen hulle en die beeldskone Selena ontstaan het.

1

Die stryd om die Swarts-landgoed

’n Afsterwe na aan die gesin laat ’n massiewe leemte in Jacques se lewe, wat hom in ’n hele nuwe magstryd met Gys wikkel. Dié keer gaan dit oor die Swarts-woning. Gaan hy en Theresa terugtrek kothuis toe, of gaan hulle sommer by die hoofhuis intrek? Indien dít gebeur, gaan dit vir sommer vir baie drama sorg.

2

Frans se verraad

Frans se wêreld begin heeltemal in duie stort wanneer hy uitvind iemand naby aan hom het hom finansieel bedrieg. Hy was kwaad oor die geld wat uit sy bankrekening weg is, maar nou moet hy met verraad ook vrede maak. Sal hy dit kan regkry? Zelda vind bewyse dat dit sy eie kinders, Nella en Abel is, maar Nella begin haar pa manipuleer om in Zelda te twyfel.  Beide Zelda en Nella-hulle gaan moet hard werk om Frans se vergifnis te verdien.

3

Glasgow-kompetisie

Die swemmers is omtrent in rep en roer oor die Glasgow-kompetisie, maar wie gaan uiteindelik gekies word om die klub oorsee te gaan verteenwoordig? Gaan beide Danie en Marco kan deelneem? Dinge is opnuut weer wankelrig tussen dié twee omdat hulle vir die beeldskone Selena se hart meeding.

4

Nina en Juvan

Juvan kry ’n blink nuwe idee vir ’n besigheid, maar dinge is nie pluis tuis nie. Iemand uit Nina se lewe maak weer sy verskyning in Boskruin en die spanning tussen haar en Juvan vererger namate Juvan agterdogtig begin raak oor hul geheime interaksies. Dinge het net begin beter lyk met hul verhouding en nou blyk dit of daar gebeure op pad is wat dit weer tot op sy fondasie kan skud.

5

Nuwe bloed by Helder Hoop

Arno kry uiteindelik hulp by Helder Hoop wanneer hy ’n nuwe assistent-bestuurder, Wian, aanstel. Arno is al lank desperaat vir hulp en dit lyk of Wian se koms dalk net sy gebede verhoor. Maar Wian moet nog eers sy voete vind en sy plek by Helder Hoop verdien. En dít te midde van al die familie se interne storms wat woed.


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Diepe Waters is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies