Menu terloops
In Sepies [2 Jul 2026]

‘Diepe Waters’ in Julie: Hou dié 5 storielyne dop


Daar is geen tekort aan drama en intrige vandeesmaand in ‘Diepe Waters’ nie. Hier is vyf storielyne wat kykers vasgenael gaan hou.

Deur Redaksie
‘Diepe Waters’ in Julie: Hou dié 5 storielyne dop

Hier is vyf Diepe Waters-storielyne in Julie wat jy nie wil mis nie:

1

Zelda en die bewyse

Zelda se lewe val omtrent uitmekaar soos iemand Frans al nader aan die duistere geheime van haar verlede bring. Sy vind bewyse van klankopnames van gesprekke tussen haar en Cloete, wat nie net hul sameswerings teen Gys en die res van die dorp onthul nie, maar ook haar integriteit in gevaar stel. 

Kan Zelda die mense naaste aan haar vertrou? Selfs Pam waarsku haar ma dat sy met vuur speel. Dit raak ’n dodelike skaakspel tussen Zelda en haar eie gewete waarby almal in haar lewe betrek word.

Diepe Waters Zelda
Zelda se lewe val omtrent uitmekaar soos iemand Frans al nader aan die duistere geheime van haar verlede bring. Foto’s: Skermgrepe
2

Die opstand van die ‘Jellievisse’

Die konstante vyandigheid en toksiese mededinging tussen die afrigters, veral Gys en Leandri, het die swemmers gedwing om ’n nuwe pad te kies. Hulle stig die Jellievisse, ’n informele maar hegte ondersteuningsgroep wat die grense tussen die Swartmarlyne en Swarts & Swarts laat vervaag ten gunste van gesonde spangees. 

Onder leiding van twee onverwagse leiers begin dié groep hul eie motiveringsvideo’s op sosiale media te deel. Dit word dan ook ’n groot sukses onder die dorp se inwoners. Hierdie eenheid help die swemmers om die negatiewe energie van die afrigters te ignoreer en hul fokus uitsluitlik op hul voorbereiding vir die Statebondspele in Glasgow te plaas.

3

Gys se emosionele deurbraak

Gys bly maar ’n knorrige man wat sy persoonlike lewe en sy verhouding met sy kinders soos ’n streng, maar suksesvolle, swemafrigter probeer hanteer. Ná weke van aggressiewe gedrag en botsings met almal rondom hom, beleef Gys ’n seldsame oomblik van waarin hy oor sy lewe reflekteer. 

Maar gaan hy eindelik besef dat sy obsessie met wen en sy harde tegnieke as afrigting soms die swemmers se passie vir die sport doodmaak en sy eie verhoudings vernietig? Of gaan hy die Jellievissie se stigting persoonlik vat en weereens sy eie ego bo die welstand van die atlete plaas? 

GYS, DIEPE WATERS
Gys beleef ’n seldsame oomblik waarin hy oor sy lewe reflekteer. 
4

Bianca’s word weer bekendgestel

Terwyl die dorp worstel met hartseer en intriges, probeer Juvan om nuwe lewe in Bianca’s te blaas. Sy doel is om met ’n eiland-tema die restaurant te transformeer in ’n plek van ontsnapping en vreugde, weg van die alledaagse drama wat Boskruin so dikwels teister. 

Die voorbereiding vir die groot bekendstellingsgeleentheid help om van die spanning in die gemeenskap te verlig. Te midde van die verlies en chaos, is daar darem ook ’n bietjie uitspan en tyd vir tweede kanse.

5

Tommie se geheim

Tommie bevind hom in ’n morele krisis nadat hy besluit om sy mediese studies op te skop ten gunste van ingenieurswese. Hy doen dit egter sonder om sy pa, Henno, in te lig. Die druk om aan sy pa se hoë verwagtinge te voldoen, dryf Tommie tot op ’n breekpunt, veral wanneer hy moet lieg oor sy eksamenresultate en sy toekomsplanne. 

Tommie klop by sy vriend Tshepo aan vir hulp, maar bly vrees dat die waarheid sy verhouding met sy pa permanent sal vernietig. Dinge raak net erger as Henno, salig onbewus van die feit dat sy seun reeds ’n ander koers ingeslaan het, begin om planne vir Tommie se toekoms as dokter te maak. 


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies