Menu terloops
In Lysie-lysie [3 Feb 2025]

‘Diepe Waters’ in Februarie: Dís wat kykers moet weet


Van karakters wat mekaar baie verkeerd opvryf tot ’n algehele transformasie wat almal se koppe gaan laat draai – hier is vyf goed wat kykers vandeesmaand in ‘Diepe Waters’ moet dophou.

Stroom 'Diepe Waters'

‘Diepe Waters’ in Februarie: Dís wat kykers moet weet

Februarie gaan ’n maand vol spanning en verrassende onthullings wees – hier is vyf belangrike Diepe Waters-storielyne om dop te hou:

1

Die soektog na Lucas duur voort

Met elke dag wat verbygaan, styg die emosionele spanning. Almal is baie bekommerd oor Lucas, en Karla en Juvan besluit om ’n soektog op hul eie aan te pak. Maar wag daar net tragedie?

2

Spanning loop hoog

Soos die maand verloop, vryf René en Nelius mekaar verkeerd op. Intussen speel Gys ’n gevaarlike speletjie nadat iets gebeur het wat groot gevolge kan hê.

3

Liefde en jaloesie

Hoewel Karla reeds besluit het hoe sy oor Juvan voel, keer dit hom nie om steeds sy bes te probeer om haar guns te wen nie. Zelda se trouplanne begin vorm aanneem, maar nie almal deel in haar opgewondenheid nie.

4

Geheime word ontbloot

Asof daar nie onlangs genoeg bekentenisse was nie, word nog geheime onthul. Hierdie keer is dit iets uit Zelda se verlede wat kom spook… 

5

’n Nuwe begin

Rossouw het lank gesukkel om oor Anja te kom en vrede te maak met die feit dat hy haar vir altyd verloor het. Hy besluit om ’n nuwe begin te maak, wat ’n leefstyl-transformasie behels. Maar Pam en Theresa het ander planne vir hom – planne wat almal se koppe gaan draai!


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Diepe Waters is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Mei 2025

Rachelle woeker met haar slinkse planne om Shani te verneder en die matriekafskeid kom al nader. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

‘Diepe Waters’: Dís die storielyne om in Mei dop te hou

Mei bring nie net nuwe wendings nie, maar ook selfontdekking, groei en opwindende moontlikhede in 'Diepe Waters'.

Meer

Redakteurskeuse vir Mei 2025: ‘Bridget Jones 4’, ‘Die brug S2’, ‘Die nuusmakers’ en meer

Wat om te kyk: 'Die nuusmakers', ’n nuwe Afrikaanse drama wat persoonlike en professionele drama in die nuuskantoor in oënskou bring; die gewilde avontuur-realiteitsreeks 'Die brug' se tweede uittog; Tina Fey in 'The Four Seasons', ’n reeks wat raakvat soos min; en Bridget Jones se vierde fliekavontuur – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Mei 2025

Aline se landerye vat vlam terwyl sy nog sukkel om die plaas se skuld te delg. En dan word sy boonop amper vergiftig! Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Mei. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies