Menu terloops
In Sepies [5 Jan 2026]

‘Diepe Waters’: Hou hierdie 5 dramabelaaide storielyne vandeesmaand dop


Die nuwe jaar breek aan met drama wat die Swartmarlyne nie kon voorsien nie. Hier is vyf storielyne wat ‘Diepe Waters’-kykers in Januarie sal laat regop sit. 

Kyk 'Diepe Waters' op DStv Stream

‘Diepe Waters’: Hou hierdie 5 dramabelaaide storielyne vandeesmaand dop

Felicity deel ’n onthulling wat Charity en Arno skok, en Lettie se drome neem ’n onverwagse draai. Intussen begin Joanna se slinkse planne uitrafel, en Schalk se manipulasie dreig om alles te verwoes…

1

Joanna se onheilspellende planne 

Gys se familie kan sien dat Joanna se greep op Gys versterk, en hulle is bekommerd. Veral wanneer Joanna en Gys besluit om saam weg te gaan. Sy besigheid, sy familie én selfs sy hart word op die proef gestel soos Joanna se invloed al verder strek. 

2

Gys se gesondheid wankel

Diepe Waters, Gys
Pam raak erg bekommerd oor Gys as sy gesondheid ’n gevaarlike draai neem. Foto’s: Skermgrepe

Gys se toestand neem ’n gevaarlike draai, en dis duidelik dat iets of iemand meer weet as wat hulle erken. Pam begin ook vrae vra en haar vermoedens oor Joanna se betrokkenheid by Gys se gesondheidstoestand stuur golwe van wantroue deur Boskruin. 

3

Schalk slaan terug 

Terwyl Schalk sy eie pad stap met ’n splinternuwe handelsmerk om met HeelAtleet mee te ding, is dit duidelik dat sy stryd met Leandri nog lank nie verby is nie. Maar is dit ambisie of wraak wat hom dryf?

Schalk Diepe Waters
Schalk is op die oorlogspad.
4

Sam is terug 

In die verlede het Sam groot moeilikheid met sy vuiste langs die swembad gemaak. Maar dit lyk asof romanse hierdie keer op hom wag wanneer sy verskyning vonke by die Swartmarlyne laat spat. Hanneli se hart is dalk op pad gevaarlike water in…

5

Arno en Karla se groot besluit

Ná Felicity se skoknuus, wil Karla hê dat Arno vir toetse moet gaan. Maar gaan sy hardkoppigheid hom weerhou om sekerheid te kry?


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Diepe Waters is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies