Menu terloops
In Sepies [30 Jun 2025]

‘Diepe Waters’: Hou dié storielyne dop in Julie


Die spanning loop hoog in Boskruin hierdie Julie! Hier is vyf storielyne wat vandeesmaand op ‘Diepe Waters’ uitspeel wat jou op die punt van jou stoel gaan hou.

Stroom 'Diepe Waters'

‘Diepe Waters’: Hou dié storielyne dop in Julie

Hou dié Diepe Waters-storielyne vandeesmaand dop.

1

Gys en Bianca deel groot nuus

’n Lewensveranderende aankondiging skok die Swarts-familie, met die gevolg dat groot besluite oor die toekoms gemaak moet word.

Diepe Waters, Gys en Bianca
Nie almal is gelukkig met die nuus wat Gys en Bianca deel nie… Foto: Verskaf
2

Lettie se kêffie in finansiële moeilikheid

Lettie worstel om die kêffie te red, maar sy ontvang hulp uit ’n onverwagse oord. Gaan dit haar probleme oplos, of net meer probleme veroorsaak?

3

Die groot familiebraai wat spanning verhoog

Sanet organiseer ’n braai wat almal se geduld op die proef stel. Wat bedoel was om die familie te herenig, het moontlik net meer verdeeldheid veroorsaak…

4

Lucas se nuwe uitdagings en planne

Lucas het groot ambisies en planne, maar dit beteken ook dat hy groot besluite moet neem. Gaan hy sy drome najaag en sodoende groot opofferings maak?

5

’n Bekende keer terug na Boskruin

Iemand is terug in Boskruin en party is meer opgewonde om die persoon te sien as ander. Wat gaan die terugkeer vir die liefde beteken?


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Diepe Waters is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies