Drama, spanning en onverwagte kinkels tref Diepe Waters-kykers tydens die laaste maand van die jaar. Hier is vyf storielyne wat in Desember die toon aangee in dié telenovela.
Letties se bekende gas
Lettie word onkant gevang wanneer ’n bekende gas haar koffiewinkel besoek. Dít merk die begin van groot Kersfeesplanne vir die inwoners van Boskruin – én ’n paar onverwagte verrassings vir kykers! Intussen worstel Henry oor wat sy volgende stap is om sy verhouding met Lettie te red.
Joanna se invloed
Pam is bekommerd oor Gys soos dit toenemend duidelik raak dat Joanna al hoe meer van ’n houvas op hom kry.
Kersliedere en langtafelete
Die gemeenskap se hoogtepunt van die seisoen – die Kersliedere en die langtafelete – bring opwinding, drama en onverwagte situasies.
Geen vrede vir die Viljoens
Alhoewel Leandri alles in haar vermoë doen om die vrede te bewaar, slaag sy nie daarin nie. Schalk se ware karakter kom uiteindelik na vore… en dit is beslis nie ’n mooi prentjie nie.

Felicity keer terug
Arno en Karla word verras met Felicity wat na Boskruin terugkeer. Hierdie keer bring sy egter verpletterende nuus, wat nie net die dinamika tussen haar en haar seun op sy kop keer nie, maar ook dié paartjie se verhouding (weer) op die proef stel.
Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Diepe Waters is ook op Catch Up beskikbaar.